Slagting van Konyne en die Wet

© Eva Kroecher

Voordat jy begin om hase kommersieël te boer (en nie net vir huishoudelike verbruik nie) is dit belangrik om ’n mark vir jou produk te vestig. Daar is geen samewerkende liggame in Suid-Afrika wat dit vir jou kan doen nie, tensy jy ’n gekontrakteerde boer is vir ’n groot konsortium soos Coniglio.
Daar is baie min geregistreerde slaghuise in Suid-Afrika en sodra jy hase teel om vleis te verkoop, moet jy ’n slaghuis gebruik om goeie praktyke en opvolgbaarheid – om te weet waar ’n produk vandaan kom - te verseker.
Die meeste hoenderslaghuise kan vir haasslagtery gebruik word, maar maak seker dat jy ’n fasiliteit het voordat jy met hase begin boer. Boere word toegelaat om vir huishoudelike verbruik te slag, maar kyk na jou omgewing se reëls oor addisionele vereistes. Suid-Afrika is baie streng met betrekking tot die slagting van vee.
Elke provinsie en plaaslike area het sy eie vereistes en dit is uiters belangrik dat jy jou area se vereistes ken. Die NSPCA en SABS is tans besig om ’n Best Farming Practice-reëlboek te formuleer, met betrekking tot hase en die welsyn van alle verboude hase.
Hanteer hase wat geselekteer is vir slagting korrek en met respek. ’n Dier wat bang is wanneer die geslag word se spiere trek styf en dan sal die vleis onnodig taai wees.

Hoe om te Slag

Die beste metode om te gebruik, is ’n elektriese doder, maar dié wat gepas is vir hase is nie maklik plaaslik bekombaar nie en is gereeld ook te duur vir klein produseerders. Die metode wat hier beskryf word veronderstel dat die persoon wat die haas slag regshandig is en dat die pels gehou gaan word vir looiery. Die onderstaande metode sal verseker dat die kop van die liggaam verwyder word en apart ontwei word om te eet, of om as afval weg te gooi.
Sit die haas op ’n tafel met sy kop na links en maak seker dat die tafel plat en bestendig is. Plaas jou linkerhand oor sy gesig en oë, druk dan jou duim en wysvinger tussen sy ore in en druk hulle weg van mekaar en uit die pad uit. Gebruik ’n kort, stomp en swaar instrument (soos ’n knuppel) in jou regterhand en klap die haas hard en skerp aand die agterkant van sy ore, nie nek nie.
Op hierdie manier word die klein brein dodelik beseer en is die dood amper onmiddellik. Na die slag sal die haas gewelddadig skop as deel van die doodgaanproses. Om dit te hanteer moet jy dadelik die knuppel wegbêre en die haas styf vasgryp om sy middel met jou regterhand en sy agterent van die tafel aflig.
Glip gelyktydig jou linkerhand om die haas se keel. Noudat jy die karkas onder beheer het, moet jy die kop oor ’n bak hou om die bloedvloei uit sy neus te vang. Nie elke slag sal die interne bloedvate egter beskadig nie en om hierdie karkasse te dreineer moet hulle kele gesny word.

Translated by Nina Joubert