Remoras

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Remora

Alias

Suckerfish, sharksucker, gapu

Wetenskaplike naam

Echeneidae

Grootte

Tot 90 cm, gemiddeld 40 cm.

Identifikasie

Slanke, geronde lyf. Kop vertikaal afgeplat. Eerste rugvin aangepas tot ‘n suigskyf met ‘n reeks dwarsbewegende plate. Onderste kakebeen langer as die boonste. Meestal donker met wit of geel horisontale lyne.

Algemene Inligting

Die Echeneidae familie bestaan uit 4 genera en 8 spesies. Suig vas aan haaie, rôe, seeskilpaaie, beenvisse, wilvisse en dolfyne deur middel van die suigskyf. Soms al gevind aan bote of duikers. Lyk asof dit onderstebo swem ween die vorm van die kop. Verwyder bakterieë en parasiete van die gasheer. Pelagiese kuitvisse

Voeding

Leef van afval van die gasheer. Somige spesies vreet die faeces van die gasheer.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigede en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Remora (Remora linnaeus)
Striped remora (Echeneis naucrates)