Plaas Praktyke om Veediefstal te Keer

© Louise Brodie

Hier volg maniere hoe boere hulself teen veediefstal kan beskerm, aangebied deur die “National Stock Theft Prevention Unit”. Boere kan ook die wette gehoorsaam om dit makliker te maak vir die polisie om diewe te vang en te vervolg.

Instandhouding van Infrastruktuur

©Eric Miller
Maak seker dat hekke en heinings in ʼn goeie kondisie is en iemand daagliks patroleer om stukkende heinings en hekke reg te maak waar nodig. Laaiopritte in kampe of op plase wat weg van direkte toesig is moet gesluit bly of obstruksies in plek hê wat die veediewe sal keer om toegang tot die gebruik daarvan te vergemaklik.

Hou Diere Weg van Publieke Paaie

©Eric Miller
Diere wat wei of naby publieke paaie in kampe is, is meer kwesbaar om gesteel te word, en ekstra maatreëls moet toegepas word om hulle te beskerm. Stel ʼn veewagter aan om agter hulle te kyk of maak gebruik van ʼn veiligheidstoestel wat jou sal waarsku as die trop skielik anders reageer soos bv. as hulle almal begin hardloop om weg te kom van die veediewe.

Wees in die Omgewing

©Eric Miller
Indien nuwe land aangekoop word, koop dit naby aan die plaaswoning sodat die boer bewus kan wees as daar iets gebeur.
Die plaas is ʼn makliker teiken as die boer nie daar naby is nie.

Wees Bewus van Vreemdelinge

Maak seker dat jy almal op die plaas ken en hou ʼn rekord van besoekers. Moenie mense toelaat om op jou plaas rond te drentel of dat werklose mense hulle op jou eiendom vestig nie. Vreemdelinge of jou werkers se besoekers moet eers toestemming kry voordat hulle die eiendom mag betree. Maak seker dat jy die agtergrond van elke nuwe werker ken. Vind uit hoekom hulle hul vorige werk verlaat het en vind uit by die polisie of hulle enige kriminele rekords het.

Kry die Werkers Gemeenskap Aan jou Kant

©Eric Miller
Maak die hele werkers gemeenskap en hulle afstammeling bewus van die gevaar om enige inligting oor wat op die plaas gebeur te deel met vreemdelinge. Kry hulle aan jou kant deur vir hulle ʼn gevestigde belang te gee deur byvoorbeeld toe te laat dat hulle vee met jou vee kan meng en saam kan wei. Almal moet op die uitkyk wees vir enige ongerymdhede wat die veiligheid van enigiemand op die plaas in gevaar kan stel.

Vermy Roetine

Vermy roetines sodat informante nie inligting kan oordra oor wat op die plaas gebeur aan mense wat nie op die plaas werksaam is nie. Moet byvoorbeeld nie jou vee tel op presies dieselfde tyd elke dag nie en ry verskillende roetes wanneer jy die diere ondersoek.

Wees Waaksaam

©Jacques Marais
Wees waaksaam tydens volmaan, oor naweke, aan die begin en einde van elke maand, tydens die fees seisoen en wanneer jy deur persoonlike ondervinding weet wanneer veediefstal gewoonlik plaasvind.
Rapporteer onmiddelik aan jou veediefstaleenheid indien veehandelaars, diere spekulante asook diervel en been aankopers in jou area doenig is, en hou volledige rekord van voornemende vee aankopers sodra jy onderhandelinge met hulle aanknoop. Hierdie inligting is saamgestel deur informasie van die Nasionale Veediefstal Forum.

Translated by Wilma Koeppen