Ostrich
Volstruis

© Peter Delaney
Ostrich.

Voorkoms

Die Volstruis (struthio camelus) is 'n lid van 'n groep voëls wat bekend staan as loopvoëls, dit is vlugtelose voëls sonder 'n kiel aan hul borsbeen. Van die 8,600 voëlspesies wat vandag bestaan is die volstruis die grootste. Die volstruis is lank met kaal bene en het 'n lang, geboë, wit nek. Die bultende lyf van die mannetjie is bedek met swart kolle en die vlerke en stert is wit op die punte. Die wyfie is bruin en wit. Hierdie groot voëls, wat soms 'n hoogte van 2,6 m en 'n gewig van 135 kg bereik, kan nie vlieg nie, maar kan baie vinnig hardloop.

Dieet

Volstruise is hoofsaaklik vegetariërs en eet gras, vetplante, bessies en sade, alhoewel hulle ook insekte sal eet. Hulle sluk groot hoeveelhede klippies wat help om die harder kos in die maag te maal en met vertering te help.

Teling

Volstruise vorm gewoonlik lewenslange paartjies, en hulle deel die taak om die eiers te inkubeer. Volstruise vorm biseksuele groepe met 'n komplekse struktuur. Territoriale mans kompeteer vir swerms van 3 tot 5 henne. Paring sluit uitgebreide weergawes van sisklanke en danse in. Paringsgroepe in sommige gebiede maak gebruik van gemeenskaplike neste om tussen 14 tot 60 eiers te hou. Die nes is 'n gat wat in kaal grond, ongeveer 1 tot 2 voet diep geskraap word. Die gemiddelde eier is 6 duim lank, 5 duim breed, weeg ongeveer 3 pond, en is blink en witterig van kleur. Eiers neem ongeveer 35 - 40 dae om uit te broei.

Die mannetjie, wat meestal swart vere het, sit snags op die eiers en die vaal, bruin wyfie wat tot 20 eiers lê, dek hulle gedurende die dag. Op hierdie manier is die nes baie moeiliker om te sien. As dit gedreig word terwyl dit op die nes sit, druk die wyfie haar lang nek plat langs die grond om met die agtergrond in te meng. Volstruise, in teenstelling met algemene kennis, begrawe nie hul koppe in sand nie. Sodra die kleintjies broei, is dit gewoonlik die manlike volstruis wat na die kuiken omsien totdat hulle oud genoeg is om hulself te versorg.

Die Werfvolstruis

In die 18de eeu was volstruise feitlik uitgewis as gevolg van die jag vir vere. Teen die middel van die 19de eeu as gevolg van uitgebreide volstruisboerdery het die volstruisbevolking toegeneem. Volstuise is op die werf aangehou in plaas van jag. Dit was ‘n suksesvolle poging en dit word nou wêreldwyd toegepas, veral in Suid-Afrika vir vere, vleis en leer. Die leer word gelooi en daarvan word mode items soos stewels en handsakke gemaak.

Habitat

Die meeste wilde volstruise word in gefragmenteerde groepe in Wes-, Oos- en Suid-Afrika aangetref met die meerderheid wat in beskermde wildreservate in die ooste van die vasteland woon. Hulle is goed aangepas om in droë toestande te leef en kan dehidrasie van tot 25% oorleef.