Om te Jag as Predasie Bestuur

©Roger de la Harpe
Om ʼn roofdier te skiet moet as ʼn laaste uitweg gesien word en dit moet gemik wees op die spesifieke roofdiere wat skade veroorsaak het. Boere moet permitte hê om sekere spesies roofdiere te vang of dood te maak omdat dit teen die wet is. Hulle moet ook van gelisensieerde vuurwapens gebruik maak om te jag.
Vir die beste resultate behoort die jagter ʼn effektiewe skut en goeie spoorsnyer te wees wat spesialiseer in predasiebestuur. ʼn Swak skut sal meer probleme veroorsaak. Die jag moet so gou as moontlik geskied nadat die geteikende skuldige roofdiere deur spoorsnyers opgespoor is sodat onskuldige diere nie verniet doodgemaak word nie.
Die Landmark-Stigting waarsku boere teen die praktyk om professionele jagters per kop vir roofdiere te betaal in sy 'Roofdiere op Lewendehawe-plase, ʼn Praktiese Boere Handleiding vir Nie-dodelike Holistiese Ekologiese aanvaarbare en Etiese Bestuur'-handboek. Die rede hiervoor is dat dit die jagters motiveer om soveel as moontlike roofdiere van kant te maak in plaas van net die roofdiere wat skade veroorsaak het. Die onoordeelkundige doodmaak van roofdiere kan die hiërargie van groepe omkrap en erger probleme veroorsaak.

Om te Jag in die Nag

©Roger de la Harpe
Volgens die Predasiebestuur Handleiding is jag in die nag baie effektief, omdat spesifieke spesies geteiken word en mens onmiddelik kan optree as daar probleme is. Pogings moet aangewend word om net die roofdiere wat skade aangerig het te teiken en nie om Bak-oor Jakkalse, Aardwolwe en Afrika Wildekatte te skiet nie. Vir jagdoeleindes werk ligte met rooi filters beter as wit ligte wat die diere op hulle hoede sit en ontwykend maak.

Om te Jag uit ʼn Helikopter

©Roger de la Harpe
Boere moet seker maak dat hulle die regte permitte het om uit helikopters te jag, omdat al die provinsies verskillende regulasies het. Om te jag uit ʼn helikopter is baie duur maar kan baie effektief wees, veral in areas wat moeilik bereikbaar is.

Om te Jag met Honde

Honde moet slegs gebruik word vir spoorsny en mag nie in kontak met die roofdiere kom of hulle doodmaak nie. Dus honde moet goed opgelei wees om kontak te vermy.
Die Predasiebestuur Handleiding adviseer boere om die honde op leibande te hou totdat die roofdiere gewaar word en om hulle dan los te laat om die prooi te jag. Die honde moet goed opgepas en na omgesien word, sodat hulle nie diere volg en jag omdat hulle honger is nie. Partykeer word die honde gemuilband om te verseker dat hulle geen skade aanrig nie.

Om te Jag te Perd

©Shem Compion
Jagters kan groot afstande aflê te perd liewer as te voet om diere op te spoor, veral in die sanderige areas van die Kalahari. Hulle kan ook gebruik maak van honde om te help om roofdiere op te spoor.

Translated by Wilma Koeppen