Nelson Mandela - Ons Geliefde President deur Raymond Louw

© Eric Miller

Madiba in ’n Springbok-hemp

Dit is nogal merkwaardig hoe Nelson Mandela in publieke opinie van Openbare Vyand nr1 omskep is in ’n soort superster wat deur die meeste Suid-Afrikaners as “ons President” beskou word, selfs dié in die wit regse vestiging.

Dit was nie bloot omdat hy in die eindstryd waarin Suid-Afrika die Wêreldbekertoernooi in sy eerste verskyning in dié gesogte kompetisie gewen het, 'n Springbok-trui aangetrek het nie, alhoewel hierdie gebaar ’n oorweldigende impak gemaak het.

’n Man wat beweer het dat hy 'n lid van die AWB (Afrikaner Weerstandsbeweging) was, het die volgende Maandag Talk Radio 702, die radiostasie, gebel en gesê dat die president se steun aan die Springbokke het so 'n indruk op hom gemaak dat hy die hele naweek met sy oortuigings geworstel het en daardie oggend besluit het om te bedank.

Maar dit was nie net die president se verskyning in Ellis Park in die groen- en goudtrui met die nommer 6 op die rug (die Springbok-kaptein Francois Pienaar se nommer) nie, dit was die standvastigheid van sy steun aan die nasionale span.

Hy het die Springbokke verskeie kere gebel om hulle beste wense toe te wens. Hy het ook met sy openbaar versoek dat die Springbokembleem behoue ​​bly, ondanks die teenkanting van baie swartes wat dit as 'n gehate simbool van Apartheid beskou het en probeer om dit te vervang met die kleurvolle Protea-blom.

’n Tikkie Madiba Towertoets

Die talle ontmoetings met die Vryheidsfront se generaal Constand Viljoen, oor die Volkstaat-aangeleentheid het ook bygedra tot die siening van hom onder Afrikaners en so het sy vergaderings met die, grootliks Afrikaans-nasionalistiese landbou-unies hul probleme bespreek.

Die gebare was belangrik, maar hulle was nie die enigste rede gewees vir die dramatiese ommekeer van sy status onder Afrikaners nie. Dit het baie te doen gehad met sy sjarme, hoflikheid en opregtheid, maar ook met sy besondere towertoets.

Translated by Nina Joubert