’n Gedeelte van die museum se missie is om die versameling vir die toekomstige generasies te bewaar. Dit werk saam met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Voorwerpe aan ’n metaalafdeling vir ’n plaaslike kapasiteit vir restourering.
Sian Tiley, die kurator van die Mapungubwe Museum verduidelik dat die museum meer doen as net objekte in glas bokse aanhou. Dit het al die funksies van ’n museum: navorsing, konservasie, opvoeding en so aan.
Dit is ook die grootste verskaffer van alles Mapungubwe; die verskaffing van dokumente, fotograwe en fasiliteite aan geïnteresseerde partye.
Ek het Sian uitgevra oor die museum se verhouding met SAN Parke. Sy het geantwoord dat hulle verhouding goed is. Sy het verduidelik dat SAN Parke die Mapungubwe Kulturele Landskap bestuur, insluitend die natuurlike landskap. Die universiteit word amptelik erken as die bestuurder en opsigter van die Mapungubwe Versameling.
En daardie versameling is nie net die betrokke artefakte nie, maar ook die argief, die informasie en die geskiedenis. Sy verduidelik dat hulle ’n vennootskap vir die bestuur van Mapungubwe as ’n geheel onder beheer het.
Sy verduidelik dat hulle op hierdie stadium, totdat Mapungubwe ’n regte kurator fasiliteit het, dien as die tydelike kurators. Verder sê sy dat hulle oor die afgelope twee jaar duisende nuwe artefakte ontdek het, asook ou uitgrawings rehabiliteer het.
Maar, sê sy, hulle het nie spasie in hul museum nie, so hulle moedig daardie versameling – wat eintlik deur die Mapungubwe Nasionale Park besit word – aan om daar te gaan. Dan, een dag, sê sy, wanneer hulle hul eie navorsingsfasiliteit het, kan hulle hul eie versameling opbou.
Toe ek gevra het of die beroemde goue renoster uiteindelik terug sou gaan na Mapungubwe het Sian geantwoord dat die universiteit ideaal ondersteun dat ’n ikoniese objek, soos die goue renoster, terug gaan na sy plek van oorsprong.
Maar, sê sy, hulle fasiliteer nie slegs dat die renoster daar kan wees nie (by die museum). Sy sê hulle doen die meeste van die tydelike uitstallings, omdat die idee is dat Mapungubwe regoor die land moet gaan, asook internasionale uitstallings en so aan.
Sian is oortuig dat die museum beter toegerus is as die nasionale park om dit te doen. Sy verduidelik egter dat daar onderhandelinge is en dat hulle al vir 25-jaar saam met SAN Parke werk. Verder sê sy dat hulle goeie vennote is.
Debat oor die finale rusplek van die goue renoster hou steeds aan. Dit is ’n uiterse gerespekteerde voorwerp met ’n verskeidenheid betekenisse vir verskeie groepe. ‘Ek het ’n storie gehoor van ’n sangoma wat die museum kom besoek het’, vertel Sian. Soos wat hy na die renoster gekyk het, het hy onrustig geraak. Hy het gesê dat sy voorvaders op hom skree.
Hulle wou hê dat hy die renoster moes wegneem. Hy het verder verduidelik dat as hy dit nie gaan vat nie, gaan die voorouers ’n vloek op sy familie sit.
Na ’n hewige debat, vertel Sian, het die kurator vir die sangoma laat verstaan dat die renoster aan die land behoort en dat die president die enigste een is wat hom kan help. Met dit het die man weggestap, in die rigting van die Uniegeboue.
Die Universiteit van Pretoria se hoofkampus is vol verrassings. Dit is ’n aantreklike plek, uitgelê met ’n reeks grasperke en binnehowe en dit het ’n aantal skone kunste musea.
Hierdie sluit in die Edoardo Villa Museum (’n bekende plaaslike beeldhouer), die Anton van Wouw Versameling (nog ’n bekende beeldhouer), die Van Tilburg versameling (hoofsaaklik keramiek vanuit Europa en China), die Universiteit van Pretoria kunsversameling en, natuurlik, die Mapungubwe Museum.
Die kampusgronde is ingekleur met ’n aantal massiewe Edoardo Villa-beelde en daar is ’n interessante mengsel van argitektuurstyle. Die style wissel van die Unie-era tot die identifiseerbare Afrikaner Modernisme wat in die 70’s populêr was.
Die Mapungubwe Museum word in die Ou Kunste Gebou aangehou – ’n pragtige sandsteen struktuur met groot trappe en lood vensterrame. Dit is ook, heel gepas, die vorige huis van die geskiedenis departement waar Professor Fouché vir die eerste keer die nuus oor Mapungubwe van Jerry van Graan ontvang het.
Daar is meer as 20 000 besoekers ’n jaar aan die Mapungubwe Museum, maar ten spyte hiervan is dit steeds ’n klein museum. Die meeste besoekers is skooltoere.
Tans is daar net een vertoonkamer wat al die hoogtepunte van die versameling huisves. In die middel van die kamer word die renoster, septer en bakkie met trots uitgestal. Om hierdie objekte met jou eie oë te sien is ’n noodsaaklike ervaring. Ten spyte van hul klein grootte is die vakmanskap en die ingewikkeldheid van die objekte oorweldigend.
Dit is moeilik om te glo dat dit meer as 700-jaar oud is. Die warm skyn van die goud laat die eeue nie sou oud lyk nie. Hulle is waarlik nasionale (en internasionale) erfenis voorwerpe van die hoogste gehalte.
Vele ander fassinerende items van die versameling word in kiste op die buitemure uitgestal saam met ’n reeks tekste en informasieborde om jou te help om die storie van Mapungubwe te interpreteer.
Translated by Nina Joubert