Mapungubwe Ekologie, Flora en Fauna

Mapungubwe word Erken deur

©Roger de la Harpe

Mapungubwe word uitgeken aan die kombinasie van mopaniebosveld en savannah vegetasie. Die verskeie habitat-tipes wat binne die park voorkom, beteken ’n hoë spesiediversiteit. Daar is ten minste 24 Acacia-boom spesies en 8 Commiphora.

Die alomteenwoordige mopaneboom, wat geidentifiseer kan word aan die skoenlapper gevormde blare, is ook die tuiste van die smaakvolle mopaniwurm (Mashonza of Masonja). Hierdie eetbare insek word oral in Limpopo geëet en moet deur alle avontuurlustige toeriste probeer word.

Die Reuse van die Park

©Roger de la Harpe

Die reuse van die park is ongetwyfeld die baobabs (Adansonia digitata). Hierdie antieke bome was reeds oud toe die mense op Mapungubwe Koppie hul konings begrawe het en hulle word slegs meer majestueus met ouderdom. Hulle is die olifante van die plantwêreld en steek hoog bo alles anders uit. Hulle enorme omtrek, hoogte en interessante bas is iets om te sien.

Hulle word somtyds onderste-bo bome genoem, omdat dit lyk asof hulle wortels in die lug in groei as gevolg van die feit dat hulle geen blare het nie. Op die Limpopo-rivier vloedplein groei die bome in dig in rivieroewers en veroorsaak ’n geslote boomdak.

Hierdie woud van koorsbome, hardekole, kameeldorings, ilala palms en njala bessies (mashatu) is ’n lieflike speelare vir ’n groot populasie voëls en apies.

Veranderende Valleie en Randstene

©Shem Compion

Die natuurskoon in die park is ongewoon en dramaties. Oor die millennia is die hoë plato weg geëet en nou is daar ’n landskap van verskeie valleie en rande oor. Die rand van die Limpopo-rivier is die oorblywende platorand hoog en daal in die rivier in.

Die hoogte wissel van 300 tot 780 meter bo see-vlak. Die geïsoleerde koppies en heuwels van die area, soos Mapungubwe, het ontstaan as gevolg van ’n laag Clarens sandsteen wat heftig weg gekerf was oor duisende jare. Daar is nou slegs ’n paar los-staande koppies oor. Hierdie toring van rooi rots (beskryf as bang woestynduine) kombineer met die geel gras in die valleie om die besoeker ’n helder prentjie van kleur te gee.

Die Reservaat Bevat

©Roger de la Harpe

Die park se aantrekkingskrag is eerder kultureel as plant-geörienteer, maar 4 van die Groot Vyf kom in die area voor. Dit is slegs die buffel wat nie daar voorkom nie, as gevolg van die vrees vir bek-en-klou-seer. Leeus was ook al van tyd tot tyd gesien, maar dit word vermoed dat hulle migreer van Botswana en nie permanent in die area bly nie.

Daar is ’n aantal bokspesies in die park, insluitende eland, blou wildebees, waterbok, bosbok, duiker, rooi hartebees, koedoe, rooibok, klipspringer, steenbok en gemsbok. Ander diere sluit in luiperd, olifant, sebra, kameelperd, bosvark, bobbejaan, ratels, sivet, ystervarke, rooikat, blou apies en aardvarke. Jagluiperd, wilde honde, wit renoster en hiëna was ook al in die park gesien, maar hulle is skaars. Die park is ook die tuiste van ’n aantal knaagdiere, reptiele, voëls en insekte – insluitend die Klein Vyf.

Nie al die kleiner diere is egter skadeloos nie. Luislange en swart mambas is endemies en daar is al 9 skerpioenspesies in die park gevind. Maart tot Mei is die beste tyd vir wildbesigtiging. November tot Maart is die beste vir voëlkyk.

Translated by Nina Joubert