Mandela Die Swart Pimpernel deur Benjamin Pogrund

© Eric Miller

’n Verslaggewer in Swart Politiek

Toe Mandela sy voorneme om die Mei 1960 Republiek Dag feesvieringe te ontwrig, verklaar het, het hy homself ’n teiken gemaak vir die regeringsaanvalle. Maar eers moes hulle hom kry en dít het hoë prioriteit vir die polisie geword. Hulle het die land deursoek, maar Mandela het hulle bly ontwyk en bekend geword as die 'Swart Pimpernel', met verwysings na die beroemde Baroness Orczy-fiktiewe karakter. Tog het hy nie van groot vermomming gebruik gemaak nie.
Hy was beskerm deur ondersteuners en het vergaderings in die geheim gehou om die bly-by-die-huis te bevorder. As ’n verslaggewer wat teen daai tyd in die swart politiek gespesialiseer het, het ek hom gesien wanneer ek wou of wanneer hy met my wou praat. Die enigste ander verslaggewer met hierdie toegang is die oorlede Charles Bloomberg van die Sunday Times. Hy het later die land verlaat weens sy regverdige vrees vir die gevolge van sy verslag wat hy geskryf het waarin hy die Afrikaner Broederbond blootgestel het, die sinistere organisasie wat regeringstoutjies van agter die skerms getrek het.
Mandela en ek het boodskappe aan mekaar gestuur wanneer een van ons wou ontmoet. Die gereelde plek was die huis in die voorstad van Fordsburg van Adelaide en Paul Joseph, lede van die Transvaalse Indiese Kongres. Of anders het ons snags in 'n stil straat daar naby ontmoet: ek sou op ’n donker plek parkeer en hy sou verskyn. Sy enigste vermomming was om werkersoorpakke te dra, wat niks gedoen het om sy indrukwekkende teenwoordigheid te verberg nie. Ons het in my motor gesit en gepraat oor wat hy besig was om te doen.
Om 'n vloei van nuus vir publikasie te verseker, het ons gereël dat ek om 17:00 by my lessenaar by die werk elke dag sou wees. Wanneer dit nodig is, sal 'n oproep inkom en 'n stem sal 'n verklaring van 'n Aksieraad vir my lees. Dit was nooit Mandela nie, maar ander wat gebel het, en soms het ek die stem van 'n vriend herken.

Afsluiting van ’n Hoofstuk

Weereens, die geskiedenis is dat die protes misluk het. Die regering se intimidasie en toon van geweld en bedreigings het gewerk. Suid-Afrika het op ’n nuwe spoor gegaan. My persoonlike herinneringe van Mandela is destyds van twee van sy antwoorde. Die eerste het die oggend van die staking gekom: die Rand Daily Mail het ’n spesiale uitgawe bymekaar gesit wat teen 08:00 die strate moes tref. Die staking was nie ’n sukses nie; dog was dit ook nie ’n totale mislukking nie.
Miskien het 50 persent van die werkers gereageer. Maar die Mail het in sy haas die woord van regerings- en munisipale amptenare aanvaar en verklaar dat die staking geflop het. Die Mail is was deur swart mense gerespekteer en sy opskrif het daarom elke moontlike hoop wat die staking nog kon hê, stop gesit. Ek het by my lessenaar gesit en miserabel en kwaad gevoel oor wat ons gedoen het, toe Mandela bel. Ek het begin om 'n verskoning te uiter, maar hy het my kort geknip en gesê hy weet dis nie my skuld nie. Ek was oorweldig deur die vrygewigheid van die gees van 'n man wat maande spandeer het om sy lewe op die spel te bring vir sy saak, wat familie en loopbaan daarvoor geoffer het en tog nou nie 'n wenk van bitterheid of wanhoop uitgekom het nie.
Toe hy die aand weer gebel het, was ek diep beïndruk deur sy eerlikheid. Daar was geen rede om die gebeure van die dag te verglans nie, of om dit te verdraai soos politici gewoonlik doen nie. In plaas daarvan het hy eerlik gesê: "Die mense het nie gereageer op die bly-by-die-huis in die mate waarin ons van hulle verwag het om te doen nie." Hy het verder gesê: 'Ons is nie moedeloos nie.
Dit is nie die einde van die saak nie... ’n Uur later het hy weer gebel, blykbaar in reaksie op die vrae wat ek aan hom gestel het oor sy toekomstige bedoelings en die eerste noodlottige aankondiging gegee van 'n oorskakel na gewapende weerstand. Hy het gepraat oor die 'afsluiting van 'n hoofstuk' en gesê: 'Ek dink nie vir myself dat ek kan praat oor vrede en nie-geweld in die lig van die metodes wat deur die regering aangeneem is om ons vreedsame protes te onderdruk nie.

Translated by Nina Joubert