Mandela groet goedgesindes buite die Pretoria Sinagoge

©Dr Peter Magubane
Mandela groet goed-gesindes buite die Pretoria Sinagoge.
Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan. Hierdie aktiviste, onder andere Mandela, Ruth First, Z.K. Mathews en Lionel "Rusty" Bernstein, was verantwoordelik vir die opstelling van die Vryheidsmanifes wat die mag van die mense van Suid-Afrika aangespreek het. Die Apartheidsregering het gevolglik 'n klopjag op hierdie aktiviste uitgevoer wat tot die Hoogverraadsverhoor van 1956 gelei het wat vir 11 jaar sou duur. In 1961 is al die beskuldigdes vrygespreek en ontslaan.
Mandela en ander aktiviste het 'n verskeidenheid ondersteuners gehad wat altyd teenwoordig was by die hof wanneer verweerders ontbied is. Op die foto beweeg ’n jong Madiba in 1958, tydens sy verhoor, deur 'n skare sangondersteuners.

"Opvoeding kan die dogter van ’n boer ’n dokter maak, die seun van 'n mynwerker die hoof van die myn." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more