Kyk na jou Roofdiere

©Shem Compion
In die verlede is roofdiere gesien as die 'vyand' wat ten alle koste uitgewis moes word. Deesdae besef boere dat roofdiere help om ʼn gebalanseerde ekosisteem te onderhou, en dat hulle kan help om die verlies van vee te bestry. Navorsing het ook bewys dat die onoordeelkundige doodmaak van roofdiere talle ander probleme met onbedoelde gevolge teweeg kan bring.
In plaas van om roofdier getalle laag te hou deur onoordeelkundige bestuurs praktyke, moet boere fokus om maniere te vind om in harmonie met die residensiële roofdiere te boer en slegs individuele roofdiere te teiken wat aanhoudende en herhalende vee verliese veroorsaak.

Territoriale Oorheersing

©Roger de la Harpe
'n Goeie rede om na residensiële roofdiere om te sien, is omdat hulle territoriaal is en effektief help om ander roofdiere weg te hou. Die grootte van die grondgebied waarin hulle beweeg wissel van een spesie tot die volgende en het ook te doen met die beskikbaarheid van voedsel. Die dominante mannetjies luiperd mag ʼn grondgebied van oor 10 000 hektaar hê wat oorkruis met verskeie wyfie luiperds. Luiperds is in direkte kompetisie met die rooikat vir voedsel en jag ook jakkalse. Indien luiperde dan uit ʼn area verwyder word, lei dit tot meer jakkalse en rooikatte in die omgewing.

Goeie Leiers

©Shem Compion
Nog ʼn rede om om te sien na residensiële roofdiere is dat dit probleme veroorsaak met die hiërargie as die dominante dier verwyder word. Daar is nou ʼn leemte wat gevul kan word deur ʼn minder ervare jeug of deur ʼn ouer roofdier wat uitgewerp is deur die trop en wat meer gekonsentreerde grondgebiede het en meer waarskynlike veediewe sal wees. Hierdie inligting word verskaf deur 'Predators on Livestock Farms, a Practical Farmer’s Manual for Non-lethal, Holistic Ecologically Acceptable and Ethical Management', saamgestel deur Bool Smuts in 2008.
Bv. - die onoordeelkundige verwydering van Afrika Wildehonde sal nie net saamval met die verhoging van jakkals en rooikat probleme nie, maar mag ook lei na die jongelinge van die trop wat nie nou ouer Wildehonde het om van te leer hoe ombehoorlik te jag nie, en dan terugkeer na vee as die hoofbron van voedsel. Om ʼn residensiële en dominante rooikat wat nie vee vang op jou plaas nie te hê is een van die beste maniere om ander rooikatte en roofdiere weg te hou.

Onbedoelde Gevolge

©Shem Compion
Swak bestuur van roofdiere kan ook ander maniere probleme veroorsaak. Navorsing het gevind dat die vervolging van swartrug jakkalse byvoorbeeld groter werpsels en meer vrugbaarheid veroorsaak, so in plaas van die probleem te kontroleer is daar nou ʼn populasie ontploffing.

Natuurlike Basis vir Roofdiere

As gevolg van landbou ontwikkeling, verstedeliking en droogte is daar meer kompetisie tussen roofdiere vir voedsel wat beteken dat hulle terugkeer na vee vir voedsel. Om dit te keer moet boere holisties na hulle boerdery kyk en verseker dat daar genoeg natuurlike veld of land is om al die natuurlike prooi van roofdiere te ondersteun en ook kwesbare vee weg te hou van die roofdiere.

Translated by Wilma Koeppen