Identifikasie van Arende

©Karl Svendsen
Arende en ander roofvoëls word baie keer verkeerd beskuldig vir die doodmaak van lewendehawe, omdat hulle sal aanhou vreet aan dooie diere, nie soos die jakkals en rooikat wat sal wegkruip sodra hulle mense hoor nie. Arende is egter aasdiere so hulle sal aan dooie diere vreet. Tydends lamtyd sal hulle selfs wag vir die ooie om klaar geboorte te skenk voordat hulle die nageboorte sal eet.
Verreaux (Aquila verreauxii) of die Swart Arend word gewoonlik gevind langs bergreekse en rotsbanke regdeur Afrika. Hierdie gitswart voëls het geel pote en skerp haakvormige snawels en ʼn V op hulle rug en stert. Die volwasse voëls is 78 cm tot 90 cm lank, met ʼn vlerkspan van 181 tot 219 cm. Hulle bou hulle neste op rotslyste of op rotse en dieselfde paartjie gebruik die nes vir baie jare.
Breëkoparende (Polemaetus bellicosus) is die grootste Arend spesie in Afrika en word hoofsaaklik aangetref in die bosveld en op oop vlaktes. Die neste bestaan uit groot stok strukture wat gebou word onder oordekkings van groot bome se blare.
Die volwasse voëls so boonste lyfgedeelte is bruin met ʼn kort donker kuif. Die onderste gedeelte van die lyf is wit met bruin en swart spikkels wat strek tot by die geveerde bene. Die snawel is geboog en swart, terwyl die tone blou-grys is met groot geboë kloue. Volwasse voëls is van 78 tot 96 cm lank met ʼn vlerkspan wat wissel tussen 188 tot 260 cm.
Die Hyrax bestaan uit omtrent 90% van Swart Arende se dieet terwyl die Breëkoparende se dieeet bestaan uit wilde konyne, hyrax’s, leguane en wilde voëls.

Dood en Voedings Patroon

©Nigel Dennis
Swart Arende en Breëkoparende is nie ʼn gevaar vir klein lewendehawe nie. Wanneer daar wel skade aangerig word dan word dit gewoonlik gedoen deur individue wat nognie baie ondervinding met jag het nie en desperaat vir kos is.
In die onwaarskynlike gevalle waar daar wel verliese is van lewendehawe, sal die prooi klein wees en minder as 5 kg weeg. Die prooi is gewoonlik dan hoenders, lammetjies en klein bokkies van net ʼn paar dae oud. Kleinvee boere hoef niks te vrees van Arende nie, want pasgebore kalwers is selfs te groot vir die grootste Arend om te vang.
Arende maak die prooi dood deur hulle kloue te gebruik om die prooi teen die kop te slaan of meer waarskynlik met ʼn sterk greep hulle kloue in die nek of rug in te slaan. Oneweredige gaaitjies op die vel of skedel wat omring is met massiewe kneusings onder die vel is tekens dat Arende verantwoordelik is vir die doodmaak van die diere.
Onthou net dat tekens van vreet van prooi nie daarop dui dat die dier doodgemaak is deur roofvoëls nie. Die Arende sal groot stukke pels en wol uittrek. Hulle begin gewoonlik agter die voorpote te vreet en opwerk na die kop se kant toe. Hulle sal die hart, longe en ander organe vreet en partykeer die binnegoed uittrek deur ʼn gat wat hulle gemaak het. Met hulle snawels sal hulle al die vleis van die bene afvreet en die karakas mooi skoon los. Hulle sal nooit die maagwand oopskeur nie.

Bestuur

©Roger de la Harpe
Arende en ander roofvoëls is beskermde spesies en mag onder geen omstandighede doodgemaak word nie. Indien dit kan bewys word dat Arende verantwoordelik is vir die doodmaak van lewendehawe, moet die boere die naaste Natuurbewarings kantore skakel of ʼn deskundige kry om te help om die skelm individu te verwyder.
Beide die Swart Arende en die Breëkoparende beset groot gebiede, so hulle teenwoordigheid sal help om skelm arende en ander roofvoëls uit die gebiede te hou. Dit maak daarom sin om mooi te kyk agter die residensiële paartjie op jou plaas.
Goeie plaas praktyke moet gebruik word om te verseker dat arende nie aangemoedig word om oor te skakel van natuurlike prooi na klein lewendehawe nie. Boere kan dit doen deur om minder lamtyd per jaar te hê sodat hulle beter en makliker agter die lammetjies kan kyk. Troppe lammetjies moet nie naby die neste gehou word of wei nie, maar liewer nader aan die plaashuis of waar daar menslike aktiwiteit is sodat daar beter agter hulle gekyk kan word. Veldwagters kan ook help om die lammetjies te beskerm wanneer hulle op afgelëe plekke wei. Ooie wat hulle lammetjies verlaat moet uitgedun word. Hoenders moet op hok gehou word.

Translated by Wilma Koeppen