Groenboontjie Verbouing

© Louise Brodie

Voortplanting

Groenboontjies plant voor van saad.

Beplantingsmetode

Beplanting behels direkte saaiery. Beplanting kan met die hand of meganies gedoen word. Sade word twee tot drie sentimeter diep geplant.

Spasiëring

Plante moet vyf tot tien sentimeter vanaf mekaar geplant word in rye wat 50 tot 60 sentimeter vanaf mekaar is. Dit is ongeveer 400 000 plante per hektaar.

Saaityd

Groenboontjies kan van Augustus tot so laat as Maart geplant word, so lank as wat die temperature in Mei nie te skerp daal nie.

Groeitydperk

Groenboontjies bereik volwassenheid, en kan dus geoes word, omtrent 60 tot 70 dae vandat hulle geplant word. Hulle kan aanhoudend geoes word tot 90 tot 100 dae na beplanting.

Fertilisering

Dit is altyd raadsaam om aanbevelings, afkomstig van geanaliseerde grondmonsters van die velde waar die plante geplant gaan word, te volg.
Na die grond voorberei en skoongemaak is, is dit goeie praktyk om ’n bietjie organiese materiaal soos mis of kompos by te voeg en in te werk in die boonste 400 tot 500 millimeters grond wanneer die velde geploeg word. Enige dekgewas wat voorheen geplant word dan ook in die grond ingewerk. Normaalweg word dít omtrent vier weker voor die beplanting gedoen.
Wanneer u reg is om te beplant, bewerk die boonste tien sentimeter van die grond met ’n 1000 kilogram per hektaar van ’n goeie mengsel stikstof, fosfor en kalium, in ’n verhouding van byvoorbeeld 2:3:4.
Twee tot drie weke na beplanting, dien ’n topbemesting van 150 kilogram kalksteen, ammonium en nitraat per hektaar en twee weke daarna (omtrent 35 dae na beplanting) nog 150 kilogram per hektaar.

Besproeiing

Grond moet effens klam wees ten tyde van beplanting. Wanneer die beplanting afgehandel is, maak die grond goed nat. Los dan die sade om te ontkiem en eers wanner die plante begin verskyn, omtrent sewe tot tien dae na beplanting, kan die plante weer natgemaak word.
Lei 35 tot 40 mm water per werk. Grondsoorte wat meer sanderig is neig om effens meer water te gebruik. Irrigasie kan tweemalig per week gedoen word, tensy die grondsoorte swaar leemgrondsoorte is.

Translated by Ananda Schoeman