Golden Cleome
Geel-cleome

Naam

Geel-cleome

Latynse naam

Cleome angustifolia

Beskrywing

Die geel-cleome is ’n delikate vertakkende krui met dun saamgestelde blare. Die geel blomme het ’n pers basis en kenmerkende uitstaande meeldrade.

Habitat

Die geel-cleome is baie algemeen langs paaie, is wydverspreid en groei in die Noordelike Provinsie en die Nasionale Krugerwildtuin.

Veldnotas

Die geel-cleome word in baie gebiede geëet en daar word gesê dat dit nuttig is vir twee dinge naamlik ’n groente as deel van ’n maaltyd en om sekere siektes te behandel. Die blom word deur miere en ander insekte wat die stuifmeel geniet bestuif.