Gevange Mandela deur Raymond Louw

Morele Outoriteit

©Eric Miller

Die 1994-verkiesing het 342 jaar se regeer deur wit mans geëindig. Mans met die idee dat hul witheid en hul Europese herkoms hulle die reg gegee het om oor die miljoene swart mense wat Suid-Afrika bewoon, te regeer. Die transformasie was merkwaardig as gevolg van die vreedsame manier waarop dit plaasgevind het nadat die bomme opgehou het, asook weens die diepte van karakter van die persoon wat die meeste gedoen het om dit te laat gebeur.

Revolusies is aangewakker deur 'n verskeidenheid gebeurtenisse en omstandighede. Dit sou moeilik wees om 'n ander een op te roep wat begin het met 'n gevangene wat besig was om 'n lewenslange vonnis uit te dien in 'n land wat deur 'n diktatoriese regime beheer word. Dít met geen krag meer as die morele gesag van sy soektog te gebruik nie.

Uit hierdie onwaarskynlike beginpunt, het gevangene Mandela aan die land se politieke leiers voorgestel dat hulle met die swart meerderheid onderhandel om Apartheid te beëindig.

Dit is die inhoud van onmoontlike romantiese drome - een man wat oënskynlik in slawerny gestraf word, met die dwaasheid om aan sy gevangenes voor te stel dat hulle die krag wat hulle gedra het en verkry oorhand op ’n manier wat net een uitkoms kan hê: die oordrag van gesag aan die mense wat hulle onderdruk het.

Burgerlike Chaos Vermy

Die alternatief was wat die geskiedenis normaalweg bepaal het: die klou tot mag deur die heersers, ongeag die koste, totdat beide kante mekaar amper in burgeroorlog vernietig en die oorwinnaars dan met die enorme taak los om te probeer regeer, terwyl hulle 'n verbrokkelde nasie moet bou.

Suid-Afrika se 40 miljoen mense het daardie lot vermy, hoofsaaklik weens die moed, vasberadenheid, verbeelding en magtelike persoonlikheid van gevangene Mandela.

Ongetwyfeld was die destydse president, Frederik Willem de Klerk, 'n sleutelrol in die proses. Maar De Klerk het die tekens korrek gelees. Hy het geweet dat as sy regering volgehou het met Apartheid en oorheersing, sou die land eers ekonomies inmekaar val en dan in burgerlike chaos ontbind.

South Africa se Alcatraz

Gevangene Mandela het talente na die gesprekke gebring wat hy in die tronk geleer het. Hy het yster selfdissipline beoefen, nooit sy oog van die doelwit afgehaal nie en elke geleentheid gebruik om te studeer.

Hy was die leier op Suid-Afrika se Alcatraz, Robbeneiland, die man wat sy mede-gevangenes vasbind en forseer om te studeer en hul fisiese en intellektuele krag op te bou. Hy het groot verdraagsaamheid teenoor teenoorgestelde politieke sienings getoon en eenheid onder sy mede-gevangenes geïnspireer.

Hy is deur sy mede-gevangenes vereer as die simbool van hul stryd. Onder sy leierskap het die gevangenes kommunikasiestelsels ontwikkel onderling, asook met die ANC-leierskap in ballingskap.

Met behulp van soortgelyke kanale was die gevangene ook op hoogte gehou van belangrike politieke ontwikkelings "buite". Hy het ook sy outobiografie, "Long Walk to Freedom", geskryf, wat deur twee mede-gevangenes in klein skryfwerk gekopieer is en uiteindelik deur die mede-gevangene Mac Maharaj, na veiligheid weggedra is.

Onafhanklike Swart Tuislande

Die regering het sy weerstand probeer afbreek deur hom vryheid – in die 1970’s - aan te bied in ruil vir sy erkenning van die sogenaamde "onafhanklike swart tuisland" van Transkei en om hom binne daardie grense te beperk. As hy aanvaar het, sou hy sy goedkeuring aan "Groot Apartheid" gegee het, die beleid om die land te verdeel in verskeie swart stam afdelings waar swartes “hulself sou regeer” het.

Mandela het streng geweier. So die regering die daardie taktiek opgegee, maar in die 1980's hulle aan hom nog 'n aanloklike aanbod gemaak om hom vry te laat op die voorwaarde dat hy geweld verloën. Hy het gesê dat "gevangene nie in kontrakte kan betree nie" en ’n lys oorhandig van voorwaardes wat die regering ophou aan swart mense moes toepas.

Dit was 'n aanloklike aanbod omdat Mandela al langer as 20 jaar in die tronk was. Dieselfde aanbod is uitgebrei na sy mede-gevangenes, en dit sê baie van die eenheid van doelgerigtheid en moed wat hy geïnspireer het. Slegs een het geswig.

Onberispelike Tydsberekning

Sy meesterslag was om 'n boodskap aan die regering te stuur wat sê dat hy bereid was om onderhandelings te doen vir die beëindiging van Apartheid en die transformasie van Suid-Afrika tot 'n demokratiese land. Die tydsberekening was onberispelik.

Sanksies was besig om die land se ekonomie te beskadig en Suid-Afrika van tegnologiese vooruitgang en sinvolle oorseese kontrake te isoleer; intern was dissensie en anti-Apartheidsaktiwiteit op 'n stygende crescendo aan die gang, boikotte en demonstrasies het die administrasie verlam en die ANC-beleid om die land onregeerbaar te maak, word daagliks meer van 'n werklikheid. Daar was konstante uitbrake van geweld.

Agter die granietagtige fasade van Apartheid het die Nasionale Party-vestiging ongemaklik en onseker begin word. Die geheime Afrikaner-mafia agter die regering, die Afrikaner Broederbond, wat sedert die vroeë strewe van die Nasionaliste beleid geformuleer het en gehelp het om dit in werking te stel deur sy lede in die kabinet en ander sleutelgebiede te onderrig, was op die punt om 'n vitale besluit te maak - die besluit om Apartheid te skrap.

Translated by Nina Joubert