Eastern Rock Elephant Shrew
Bosveld Klaasneusmuis

© Shem Compion

Naam

Bosveld Klaasneusmuis [Elephantulus Myurus]

Voorkoms

Die totale liggaam van die Bosveld Klaasneusmuis meet 260 mm en die stert is langer as die kop- en lyflengte en weeg ongeveer 60 gram. Die stert is minder harig as dié van die Smith's Klaasneusmuis. Oë is duidelik met 'n wit band omring.

Dieet

Die Bosveld Klaasneusmuis voed op klein insekte soos miere en termiete. Gedurende die dag is hierdie spesie afhanklik van skaduwee en skuiling, waarvan dit beweeg om prooi te vang.

Teling

Hulle het 'n lang dragtigheid periode, vir so 'n klein soogdier, wat agt weke duur. By die geboorte is die kleintjies vol hare en die oë is oop. Jongelinge kan kort ná geboorte loop. Wyfies gee geboorte gedurende die nat somermaande (September tot Maart) aan meestal twee stelle tweelinge. Jonges is seksueel volwasse tussen vyf en ses weke oud en wyfies kan gedurende hul leeftyd verskeie kleintjies produseer.

Gedrag

Die Bosveld Klaasneusmuis is oorwegend 'n dag spesie maar jy sien hulle ook soms met die sonsopkoms en ondergaan en selfs in die nag tydens helder maan verligte nagte. Hulle gewoonte is om enkellopend te wees, maar word soms in pare gesien, vermoedelik tydens paring, en is uiters rats, vinnig en trap stewig in die ongelyke terrein van hul habitats. Wanneer hulle skrikgemaak word, kommunikeer hulle met harde voet-trommels en gee hulle 'n reeks hoë piep geluide, n klank wat skaars hoorbaar is. Tydens vokalisering met die mond wyd oop, word die kop hoog gehou en die langwerpige snoet word oor die bek terug gekrom. Afskeidings van reuk kliere vorm ook deel van hul kommunikasiestelsel. Sulke reuk kliere is in die hoeke van die mond, agter die ore en aan die onderkant van die stert.

Waar hulle gevind word

Die Bosveld Klaasneusmuis is wyd versprei in Suid-Afrika, wat in die Noordwestelike Provinsie, Noordelike-provinsie, Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat, die Noord-Oos-Kaap Provinsie en in die bergstreke van Wes-KwaZulu-Natal en Lesotho voorkom. Hierdie Bosveld Klaasneusmuis is baie algemeen in die meeste gebiede en nie bedreig nie, hoewel populasies dikwels geïsoleer word weens habitat beperkings. Die woon gebiede met rotse van puin en rotse wat oorvloedige splete bied vir toevlug en beskerming teen roofvoëls en ander roofdiere. Bevolkings van laer digtheid kan ook.