Cormorants
Duikers

© Shem Compion
Cormorants.

Naam

Duikers (Phalacrocoracidae)

Voorkoms

As gevolg van duikers se swart kleur word daar dikwels na hulle as see kraaie verwys. Trouens, die familienaam, Phalacrocoracidae, beteken bles raaf in Grieks. Alhoewel duikers heeltemal swart lyk, blyk dit dat hulle inderdaad ’n verskeidenheid van donker kleure is wat wissel van groen en violet tot ultra-mariene en brons.
In die broeiseisoen het hierdie groot seevoëls intense helder kolle wat in verskillende kleure om die oë en keel voorkom. Duikers het ’n keelsak wat ’n verskeidenheid funksies het. Dit dien as ’n bêreplek vir groter prooi, help die voël om homself koeler te maak deur te hyg en in die broeiseisoen word die helder kleure van die sakkie vertoon gedurende die hofmakery.
Duikers is watervoëls en is vanaf 63 tot 101 cm lank met lang, krom snawels. Alhoewel hulle groot pote hierdie voëls uitsonderlike swemmers maak lyk hulle nie elegant as hulle loop nie. Dikwels oorvleuel die pote en hulle lompheid het al tot baie gebreekte eiers gelei.
Die eienskappe wat duikers sulke uitstekende swemmers maak beïnvloed ook hulle vliegvermoë. Die massiewe dy en heupspiere wat hulle sterk onder die water aandryf, maak hulle swaar in verhouding tot die oppervlak van hulle vlerke. Dit is hierdie eienskappe wat hierdie groot voëls naby hul neste hou. Hulle waag dit nie te diep in die see in nie.

Dieet

Gevind in beide vars en soutwater, bestaan duikers se dieet meestal uit vis, maar klein amfibieë en skaaldiere word ook geëet.

Voortplanting

Duikers lê 3 - 5 kalkagtige dowwe blougroen eiers in ’n goed gemaakte platform van stokke of seewier aan die kus, in ’n boom of op ’n krans of rotsagtige eiland. Hulle sement die nes aanmekaar met ghwano en sal dikwels dieselfde nes gebruik. Hulle maak nes in kolonies.

Sosiale gedrag

Ten spyte daarvan dat duikers baie tyd in die water spandeer beskik hulle nie oor dieselfde waterdigte olie van die ander seevoëls nie en moet dus baie tyd spandeer om hulle vlerke droog te kry. Duikers gebruik jaar na jaar dieselfde tradisionele plekke om te sit en nes te maak en die mis kan hier baie ophoop.
Omdat duikers so lomp op land is vorm hulle kolonies op plekke wat beskerm is teen roofdiere. Soms is dit op ’n eiland ’n klein entjie van die land af en op steil kranse. Ander duikers gebruik ou reierneste of bou neste in dooie bome wat in die water staan of op onbereikbare kranse.

Habitat

Duikers bly by mere, riviere, moerasse en langs die kus.

Verspreiding

Duikers word amper oral gevind waar water die land ontmoet.

Cape Cormorant

Die volwasse trekduiker het heeltemal blink groenswart vere, slangagtige kop met ’n plat kroon, ’n oranjegeel snawelbasis en groen oë. ...more

Crowned Cormorant

'n Mariene-weergawe van die rietduiker en herkenbaar aan sy meer algehele swart voorkoms, permanente kuif die hele jaar en korter stert....more

White-breasted Cormorant

Herkenbaar deur sy groot lyf en wit borskant, vanaf die keel tot bors. Onvolwassenes se broskant is heeltemal wit, veel witter as ‘n onvol...more