Colombar

© Glenneis Kriel

Naam

Colombar

Beskrywing

Colombar is ’n wit wyn variëteit wat vir die produksie van gedistilleerde wyne soos brandewyn en konjak gebruik word. Hierdie variëteit is een van die mees algemeenste in Suid Afrika en is verkry van ’n kruising tussen Chenin Blanc en Heunisch Weiss (ook bekend as Gouias Blanc).

Oorsprong

Bordeaux in Frankryk. Rondom die 1970’s het die Colombar variëteit in Frankryk geur verloor en meer as die helfte van die wingerde is uitgeroei.

Ander Name

Bon-blanc, Colombard, Colombier (Frankryk), French Colombard (Kalifornië).

Produksie in Suid-Afrika

Colombar is al vanaf die 1920’s in Suid Afrika aangeplant en is meestal gebruik as ’n basis vir brandewyn produksie. In die 1970’s het die Kaapse wynmakers uitgevind dat dit ’n baie aangename wyn kan voortbring.

Produksie Streke

Hierdie kultivar doen besonders goed in warm klimaat toestande. Dit kom in al die wynstreke van Suid Afrika voor, met die grootste produksie areas by die Olifantsrivier, Noord-Kaap, Robertson en Breedekloof.

Groei

Dit is ’n vinnige groeier met ’n opbrengs van 15 – 20 ton per hektaar, maar party streke het ’n hoër opbrengs.

Oestyd

Die druiwe word laat mid-seisoen ryp, gewoonlik die eerste helfte van Maart.

Druiwekorrels

Die mediumgrootte druiwekorrels is rond tot ’n effense ovaal vorm en geelgroen met ’n pers skynsel as dit heeltemal ryp is. Die dop is dun en taai en die vleis is ferm en sappig met hoë suurvlakke.

Blare

Die ronde tot niervormige blare is donkergroen en mediumgroot.

Siektes en Plae

Hierdie variëteit kan deur die wind beskadig word tydens die oestyd en is sensitief vir ryp in die lente. Colombar is matig bestand teen botritis, donsskimmel en witroes. Die beste resultate word verkry as die wingerde opgelei word.

Gebruik

Dit kan gebruik word as ’n enkel variëteitswyn of ’n versnitte wyn asook vir gedistilleerde wyne soos vonkelwyn en brandewyn.

Smaak

Die Colombar variëteit se eindproduk is wyne met vars vrugtige geure en uitstekende brandewyn.Translated by Ananda Schoeman