Baboon
Bobbejaan

© Roger de la Harpe

Naam

Bobbejaan [Papio sp.]

Dieet

Die bobbejaan is 'n groot primaat met 'n hondagtige gesig en groot oogtande. Hulle sal dikwels die pasgebore kleintjies van sommige Bokke en selfs Luiperde doodmaak. Die bobbejaan voed omtrent van elke deel van 'n boom. Hulle is omnivore en eet gras, sade, bessies, sampioene, vrugte, eiers en klein insekte, erdwurms, voëls, akkedisse, en sal selfs boshase en baba Impalas doodmaak.

Waar hulle gevind word

Bobbejane bewoon boswêrelde, halfwoestyne en weivelde soos die voet van die Drakensberg. Hulle spandeer die meeste van hul tyd op die grond. Die enigste keer dat hulle in bome klim, is om van roofdiere te ontsnap, om te eet of omdie nag in te spandeer. Hulle kan ook die nag op rotsagtige heuwels spandeer. Bobbejaan babas is gewoonlik sosiaal en speel met mekaar op die grond en in die bome. Daar is twee hoofrasse van bobbejane in Afrika, die Chacma-bobbejaan van Suider-Afrika en die Geelbobbejaan van Oos-Afrika.