Aardwolf

© Nigel J Dennis

Naam

Aardwolf [Protees cristata]
Die naam Aardwolf kom van sy vermeende hondagtige kenmerke en dieet gewoontes om termiete te eet wat uit die grond en termiet hope uitgegrawe word.

Voorkoms

Die Aardwolf het 'n geelbruin pels met verskeie vertikale swart strepe, 'n bosagtige swart stert met 'n lang, donker streep growwe hare op sy rug wat styg wanneer hy bedreig word. Hy het 'n lengte van 65-80 cm van neus tot stert en weeg tussen 8 en 12 kg. Hy lyk soos 'n klein gestreepte hiëna.

Dieet

Hierdie ongewone spesie van hiëna is hoogs aangepas om termiete te eet. Die aardwolf se tande, behalwe sy oogtande, is verkort tot blote penne wat nie in staat is om vleis te kou nie. Sy oogtande is nog steeds goed ontwikkel en dit word gebruik om hul grondgebied van ander Aardwolwe te verdedig. Die Aardwolf se dieet bestaan ​​hoofsaaklik uit twee spesies termiete waarvan die een dormant is gedurende die koeler winter wat maak dat die Aardwolf dan oorskakel na die ander spesies vir voeding.

Hierdie beperkte dieet beteken dat die Aardwolf ook 'n baie beperkte streek het omdat hul slegs kan lewe waar hierdie twee spesies termiete in oorvloed is. Op 'n gemiddelde nag kan 'n Aardwolf vanaf 200 000 tot 300 000 termiete opvreet. Deur hul akute gehoor te gebruik, kan die Aardwolf termiete in die grond opspoor. Hulle gebruik hulle hul breë, taai tong om die termiete op te skep. Die Aardwolf is ook bekend om ander diere soos muise, klein voëltjies, en eiers te eet.

Teling

Aangesien die manlike en vroulike Aardwolf alleenlopers, skaam en ontwykend is, is daar nie veel bekend oor hul sosiale gedrag nie. Dit word geglo dat paring regdeur die jaar plaasvind. Hul dragtige periode duur van 90-100 dae en 2 tot 4 welpies word gebore. Wanneer die welpies gespeen word, gee albei ouers hulle opgespoegde termiete.

Gedrag

Aardwolwe is nagtelike diere en gewoonlik alleenlopers wat saam kom slegs om te paar en hul welpies groot te maak. Hulle word soms in pare of klein groepies gesien. Die aardwolf is n gatgrawer wat beteken dat hulle deur die grond grawe en krap op soek na voedsel. Die Aardwolf het nog nooit 'n bende stelsel ontwikkel soos die gevlekte en gestreepte hiënas nie as gevolg van hul streng dieet van termiete. Aangesien kos nie gedeel word nie, moet aardwolwe self rond gaan om kos te soek en hulself te voed. Hul gate is gewoonlik vergrote springhaas gate, maar hulle beset ook dikwels Aardvark of Krimpvark gate. Aardwolwe is ywerige grawers en in die afwesigheid van gate, sal hulle hul eie grou.

Waar hulle gevind word

Hierdie geheimsinnige en heeltemal onskadelike karnivore blyk 'n wye woonbare habitat te hê, met n voorkeur vir kleiner dorpe, oop vlaktes, en grasvelde waar hulle in die grond woon. Daar is twee geografies afsonderlike bevolkings van Aardwolve, een is in Suid-Afrika gesentreer en die ander een wat van sentraal Tanzanië noordwaarts na die suide van Egipte strek. Aardwolwe word meestal in die grasvelde en bebosde areas van Botswana die Karoo en die Noord-Kaap Provinsie aangetref.

Noodsaaklike Statistieke

Gewig (Vroulik)
7,7 - 13,5 kg
Gewig (Manlik)
7,7-13,5 kg
Lengte (Vroulik)
90 cm
Lengte (Manlik)
90 cm
Dragtigheids periode
2 maande
Hoeveelheid Kleintjies
2 - 4 welpies
Orde
Carnivora
familie
Hyaenidae
teling
2 – 4 kleintjies word gebore vanaf September - April na 'n dragtige ± 2 maande.

Spoor Beskrywing

Die Aardwolf het 5 tone op die voorpote maar die eerste toon is hoog op en is nie opmerklik in die spoor nie. Daar is slegs 4 tone op die agterpote. Die kloue is smal wanneer dit van bo af gesien word, maar met syaansig is dit breed aan die basis en sterk gebou. Die nael gedeelte van die kloue is ongeveer 20 mm lank.