Aardvark

© Nigel Dennis

Naam

Aardvark [Orycteropus afer]

Voorkoms

Aardvarke het 'n lyflengte van 110 cm, 'n skouerhoogte van 60 cm en ‘n stert van 60-70 cm lank. Die vel is pienkgrys of grysbruin met growwe geel hare. Die pels is baie dik om dit van insekte te beskerm. Die klein, stewige lyf van die Aardvark toon die duidelik hoë boog in sy rug.

Die aardvark se kragtige bene is bedek met donker pels. Die voorpote het vier tone en die agterpote het vyf tone waarvan almal toegerus is met lang klouagtige naels. Die dik kloue aan die voorkant word as grougereedskap gebruik. Die aardvark gebruik ook sy kloue om voorentoe te beweeg. Die kop is lank en skraal en eindig met 'n buisvormige, varkagtige snuit, wat met 25-50mm wit hare bedek is. Die ore is groot en dit vernou na die punte toe.

Die stert is gespierd en vernou ook aan die einde. Die mees uniekste kenmerk van die Aardvark is sy tande wat minder is as ander soogdiere. By volwassenes word dit net in die agterkant van die kakebeen aangetref. Die tande is nie aan die kakebeen vasgemaak nie en groei deurgaans deur die Aardvark se leeftyd. Hulle groei ook nie gelyktydig nie. Die tande is kolomvormig en het geen wortels nie. Die tande word nie in emalje bedek soos ander soogdiere nie maar egter met 'n laag sement.

Dieet

Die dieet van die Aardvark bestaan ​​uit termiete en ander insekte. Hulle voed snags en volg 'n pad tussen die termiet neste. Hulle voed deur die grond met hul neuse te vee en op 'n sigsag-manier te loop. Hulle reis so ver as 16 km op soek na kos per nag. Hulle eet deur termiet heuwels met hul kragtige kloue oop te breek. Met sy langwerpige tong (300 mm), wat met dik, taai speeksel bedek is, val dit die insekte aan en verteer hulle dan. Een van hul gunsteling kossoorte is spanspek. As gevolg van hierdie gespesialiseerde dieet word die wangtande verminder tot platgekroonde, penagtige strukture wat aangepas is om die harde buitenste skulpe van insekte te verpletter.

Teling

Daar is geen paring seisoen vir die aardvark nie. Dragtigheid duur vir 7 maande en 1 nageslag word geproduseer. Die jong aardvark word pienk en haarloos gebore. Hulle bly sowat twee weke in die slootagtige gat voordat hulle hul ma na buite vergesel. Die kleintjies begin met vaste kosse op 3 maande en word gespeen op 7 maande. Hulle bereik seksuele volwassenheid op ongeveer ses jarige ouderdom.

Gedrag

Die alleen lopende Aardvark is hoofsaaklik nag diere, alhoewel hulle soms hulself by die mond van die gat uitsteek om in die son te bak. Gedurende die dag slaap hulle opgekrul in 'n stywe bal. Hulle is gatgrawers wat gate grawe met die voorpote wat as uitgrawings gereedskap gebruik word. So grou hulle die grond los en druk met die agterpote die grond na agter en na die kante. Die Aardvark grawe om verskeie redes 'n gat soos byvoorbeeld om skuiling te vind, en om 'n veilige plek te hé om die jong Aardvarkies groot te maak. Die gate is tot 13 m lank en het verskillende kamers en verskeie ingange. Wanneer hul die gat verlaat word dit dikwels gebruik deur ander diere soos Vlakvarke en Jakkalse. Aardvarke het uitstekende gehoor maar swak sig. Verrassend genoeg is dat die Aardvark 'n goeie swemmer is. Wanneer die Aardvark skrik dan kreun en blêr hy.

Waar Hulle Gevind Word

Die Aardvark word aangetref in sub-Sahara Afrika in grasvelde en oop woude waar die grond sag is en daar genoeg kos en water is. Hulle word nie in baie droë en rotsagtige plekke aangetref nie.