Aanvraag na en Aanbod van Bokvleis in Suid-Afrika

© Gerrit dos Santos
Plaaslike kuturele aanvraag na bokvleis in Suid-Afrika bepaal en oorskrei tans die aanbod van lewendige bokke. Bokke vir vleis word hoofsaaklik bemark in die informele sektor in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal wat die bokbedryf aan die gang hou. Die informele mark vir lewende bokke betaal hoër pryse as wat die formele skaap- en bokabattoirs kan aanbied (e.g. R1 200 teenoor R700 vir ‘n dier van dieselfde grootte/ouderdom – Nov 2018). Die informele bokvleismark in Suid-Afrika word hoofsaaklik van lewendige inheemse bokke sowel as ouer Angorabokke (seisoenaal) voorsien.

Kommersiële Beskikbaarheid van Bokvleis

Opnames deur die South African Meat Industry Company (SAMIC) het gewys dat bokke wat in die kommersiële sektor geslag word, hoofsaaklik uit Boerbokke en oorskot Angorabokke bestaan wat ongeveer 0.55% van die bokke wat jaarliks kommersieel geslag word, uitmaak. Sommige ander waarnemers skat egter die kommersiële slag van bokke nader aan 5%.

Vanaf 2018 moet alle bokkarkasse wat in kommersiële abattoirs geslag word gerollermerk word in oranje en blou. Die blou merk word slegs vir lammers gebruik terwyl die oranje vir bokkarkasse van alle ouderdomme gebruik word, ongeag die ouderdom. Die Boer Goat Breeders Association voel dat hierdie nuwe rollermerk sal help om die kommersiële verbruik van bokvleis in Suid-Afrika op te stoot.

Gedurende 2018 is ‘n projek geloods om die bemarking en kommersiële verkope van Angoravleisprodukte in ‘n groep kleinhandelaars in die Oos-Kaap te toets. Die projek was nie kommersieel uitvoerbaar nie weens die seisoenale beskikbaarheid van slagbare Angorabokke. Die seisoenaliteit veroorsaak ‘n ongereëlde beskikbaarheid. Daarbenewens het dit geblyk dat verbruikers steeds die duurder (+R10-R20/kg) lams- en skaapvleis bo bokvleis verkies. Sommige produsente het ook opgemerk (November 2018) dat vleisinspekteurs nie altyd weet hoe om bokkarkasse te klassifiseer nie.

Volgens die Wes-Kaapse Boerbokprodusent, Pip Nieuwoudt, is daar ‘n toename in die vraag na bokvleis weens die gesondheidsvoordele daarvan, maar as gevolg van die goeie pryse vir bokke in die informele sektor is daar ‘n onderaanbod aan restsaurante en winkels.

Ontwikkeling van die Bokvleismark

Verdere ontwikkeling van die gemeenskapsbokboerderysektor is nodig en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO), teelgenootskappe en regeringsdepartemente van landbou is in die ideale posisie om hiermee behulpsaam te wees. Dit was die sentiment van die vleisbokwerksgroep onder voorsitterskap van Dr Pieter Prinsloo.
Ander areas van die vleisbokboerderybedryf wat aandag kort is die behoorlike bemarking van bokvleis, verbruikersopvoeding, asook navorsing en ontwikkeling.

Die meeste produsente glo dat die grootste uitdaging in die bedryf wat ook kritiek is vir die ontwikkeling van die bokvleissektor, verbeterde regeringsbeleid.

Veisbok Werkgroep

In 2016 het die Red Meat Research & Development SA (RMRD-SA) ‘n werkgroep bymekaargeroep om te werk aan ‘n ontwikkelingsprogram vir die vleisbokbedryf. Die werkgroep het bestaan uit bokvleis teelgenootskappe, provinsiale departemente van landbou, die SA Mohair Cluster, die Informal Goat Industry Cluster, die Agricultural Research Council (ARC) en die South African Meat Industry (SAMIC).

Tydens ‘n vergadering in Junie 2018 het hierdie werkgroep onder voorsitterskap van Dr Pieter Prinsloo aanbevelings gemaak wat spesifiek ingesluit het die bemarking van bokvleis, verdere navorsing en verbruikersopvoeding. Die werkgroep het gevoel dat die informele sektor die vernaamste bron van inkomste is vir die bokvleisbedryf, maar dat daar ruimte is om nismarkte verder te ontwikkel.