Vriendelike Afrika Avontuur - Aktiwiteite
Welgevonden Privaat Wildreservaat, Limpopo

Ekuthuleni Lodge is geleë in die hart van die Waterberge in Limpopo, in die 33 000 hektaar Welgevonden Privaat Wildreservaat.

Wildbesigtiging

Die reservaat spog met ’n groot verskeidenheid diere, van aardvarke tot sebras en alles tussenin, asook die befaamde Groot 5.

Wildbesigtigingsritte word twee keer ’n dag aangebied. Die vroegoggendrit laat jou toe om te kyk hoe die Afrika bosveld wakker gemaak word deur die son. Laatmiddag kan jy sien hoe die nagtelike diere uitkom om te speel.

As jy nie in ’n safarivoertuig wil sit nie en eerder jou bene wil rek, kan jy ’n opsionele vroegoggend bos wandeling aanpak. Hierdie stap safari’s word gelei deur ervare en kundige gidse. Te voet het jy ’n beter kans om veral die kleiner diere en insekte raak te sien wat andersins op ’n voertuig sou misgekyk word. Sommige van die geleide bosstaptoere neem jou na die antieke Sanrotskuns in Welgevonden Privaat Wildreservaat.

Eetervarings in die Bos

Alle maaltye by Ekuthuleni Lodge word voorberei met net die varsste bestanddele. Maaltye kan op ’n verskeidenheid plekke geniet word, insluitende die knus eetkamer of die buitelug dek. Die dek word teen die weer beskerm deur ’n indrukwekkende rietafdak.

By Ekuthuleni Lodge word die disse almal pragtig voorberei, sodat jy dit met beide jou oë en smaakkliere kan geniet. Plaaslike en internasionale spesialiteite word noukeurig voorberei deur ’n passievolle span sjefs wat verseker dat elke bord kos wat bedien word ’n kunswerk is.

 Ekuthuleni Lodge spog ook met ’n goed toegeruste kroeg wat ’n groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse wyne, sterk drank, biere, siders en koeldranke bedien.