Ekuthuleni Lodge bestaan uit suites wat almal knus gemeubileer is met neutrale kleure, wat bydrae tot die romantiese atmosfeer.
Die suites is privaat en spog met grasdakke en groot glasdeure wat na ’n private stoep oopmaak. Jy kan wild aanskou vanuit die gemak van ’n leunstoel op die stoep. ’n Buitelug stort en bad, groot genoeg vir twee mense, skuil in ’n afgesonderde binnehof en dra by tot die romantiese atmosfeer.
Die familie suite is so ruim as wat dit luuks is. Dit bestaan uit ’n hoofslaapkamer, ’n solderarea, groot genoeg vir twee enkelbeddens, en twee badkamers - ideaal vir 'n familiesafari.
Spandeer jou dae rustig langs die swembad wat oor die grasvlaktes uitkyk, of kyk hoe die Afrika son aan die einde van ’n warm dag agter die horison verdwyn. As dit buite koud is, kan jy knus voor die kaggel in die sitarea met jou gunsteling boek ontspan.
Ander geriewe:
Binnenshuise- en buitelugetes
Kroeg
Gemaklike sitareas
Swembad
Panoramiese uitsig oor die grasvlaktes
Boma-area vir etes onder die sterre