Romantiese, Afsonderlike Wegkruipplek - Aktiwiteite
Welgevonden Wildreservaat, Limpopo

Clifftop Exclusive Safari Hideaway bied gereelde besigtigings van beide die bekende Groot 5 en ’n magdom ander interessante diere, insluitende dwergmuishonde, vlakvarke, bosvarke, kameelperde en renosters.

Wildbesigtiging

Tydens jou verblyf by hierdie lodge is jy verseker van genoegsame geleenthede om die fauna en flora van die area te ontdek, veral van bo-op ’n krans wat oor die Sterkstroomrivier uitkyk.

Wildbesigtigingsritte geskied twee keer ’n dag onder die leiding van ervare gidse. Hulle is passievol en deel graag hul kennis met die gaste. Die oggendritte gee jou die geleentheid om te aanskou hoe die Afrika-landskap ontwaak. Die laatmiddagritte gee jou weer die unieke geleentheid om die nagtelike dierlewe van die bosveld van naby te beskou.

Voëlkyk

Voëlkyk is werklik ’n genot in die Welgevonden Private Wildreservaat. Hier is ’n verskeidenheid watervoëls, insluitende bronsgevlerkte- en Temminckse drawwertjies, asook gespikkelde- en waterdikkoppe. Paddavreters, valke, sperwers en uile kan ook hier gevind word. Jy sal verseker ’n paar merke op jou voëlkyklysie kan maak met meer as 280 bevestigde en meer as 60 onbevestigde voëlspesies.   

Eetervarings in die Bos

Alle maaltye by Clifftop Exclusive Safari Hideaway is kunswerke. Alles wat die personeel doen dra by tot die romantiese atmosfeer, van die prentjiemooi tafelversierings tot die noukeurige seleksie van elke eetarea. Jy kan die volledige ontbyt op die balkon na hartelus geniet, terwyl jy die asemrowende uitsig om jou inneem.

Middagete word bedien in ’n pragtige omgewing waar voëls in die bome gesels. Aandete kan by ’n private tafel vir twee in die wynkelder, of voor die knus kaggel geniet word. Na aandete kan jy ’n laaste drankie by die kroeg geniet voor jy in die gemaklike bed gaan inkruip.

Alle maaltye word as ’n vaste spyskaart bedien, maar voorsiening word graag gemaak vir spesiale dieetbeperkings met vooraf reëling.