Romantiese, Afsonderlike Wegkruipplek - Jou Verblyf
Welgevonden Wildreservaat, Limpopo

Clifftop Exclusive Safari Hideaway bestaan uit beeldskone kamers wat versier is in die lodge se kenmerkende skakerings van silwer, grys en wit, met natuurlike materiale en toebehore deurgaans.

Jou Kamer

Die suites is beide luuks en ruim met lugversorging en ’n groot badkamer met ’n steenbad, asook ’n binnenshuise- en buitelugstort. Alle suites het ’n private sitarea met Franse glasdeure van die plafon tot die vloer. Jy kan die beelskone uitsig van die natuurskoon van binne jou kamer waardeer. Ontspan op jou private balkon op die dagbed of geniet die private plonspoel terwyl jy die wild vanuit die water aanskou.

Kamer geriewe sluit in: telefoon, haardroër, kluis, ten volle toegeruste klein kamerkroeg en geriewe om tee en koffie te maak.

Fasiliteite

Jou tyd by hierdie romantiese wegbreek in Limpopo sal salig wees, of jou ontspan in die hangstoele of op die uitsigdek, of stadig rondtes in die randlose swembad doen.

Ander geriewe:  
Wynkelder
Randlose swembad
Buitelugplatvorm
Binnehuise restaurant
Ruim, gemaklike sitarea met kaggel
36 000 hektaar Welgevonden Private Wildreservaat langs die Marakele Nasionale Park
Uitsigdek met hangstoele en buitelug kaggel
Dramatiese uitsigte van die kransrand
Beperkte internettoegang, slegs in die hoofareas
Gesondheidsbehandelinge met ’n gekwalifiseerde spa-terapeut