Ontspanne Afrika Atmosfeer - Aktiwiteite
Waterberg, Limpopo

Hierdie luukse familiebestemming in die die pragtige Waterbergdistrik bied hoë-volume wildbesigtigings van ʼn groot verskeidenheid diere, insluitend witrenosters, sebra’s, kameelperde, koedoes, luiperde, bosvarke en klipspringers, asook ʼn  oorvloed van voëllewe.

Wildritte

Wildbesigtigingsritte word daagliks in oop 4x4-voertuie aangebied in die vroegoggend, asook die laatmiddag, sodat jy die geleentheid het om nagtelike diere soos bosapies, ystervarke en skaars strandjutte te sien.

Geleide Staptoere

By Ant’s Nest word jy nie beperk tot wildbesigtigingsritte nie - jy het die geleentheid om die wildernis te voet ook te verken. ’n Toergids sal jou graag te voet deur die bosveld lei indien jy nader aan die wild wil kom. Die geleide staptoere is beide genotvol en informatief en voorsien jou van geweldige kennis aangaande die fauna en flora van die area.  

Staptoere kan volgens jou behoeftes aangepas word om ʼn gemaklik wandeling te wees, of daglange staptogte oor die vlaktes en tot bo die klowe.

Safari’s te Perd

ʼn  Safari te perd bied die geleentheid om van die beste wildbesigtiging in Suid-Afrika te ervaar van ʼn  effe verhoogde posisie bo-op ʼn perd. Jy kan langs die talle sanderige paadjies galop of die hoe rante deurkruis terwyl jy die beeldskone uitsigte om jou inneem.

Die perde is betroubaar en fiks. Safari’s te perd is geskik vir almal van absolute beginners tot professionele ruiters. Ponies is beskikbaar vir kinders, so die hele familie kan saam ry.

Die perde by Ant’s Nest bly in die bos en wei tussen die wild en laat jou dus toe om naby aan die diere te ry asof jy een van hulle is.

Naglugsafari’s

Aanskou die naglug en leer meer oor die wondere van die sterre bo jou. Gevorderde teleskope en ervare gidse betekend die naglug word nog ʼn  faset van die wêreld om te verken soos jy leer oor die mites en feite van die heelal.

Kinders op Safari

By Ant’s Nest kan kinders van alle ouderdomme by hulle ouers aansluit op alle wildbesigtigingsaktiwiteite, wat sorg vir familietyd vol herinneringe en ʼn  liefde vir die natuur.

Kinders van alle ouderdomme word by die lodge verwelkom en word soos jong koninklikes behandel. Die jongste besoekers aan die lodge word gelukkig gehou en vermaak met gespesialiseerde aktiwiteite en kos. Speelgoed en speletjies is beskikbaar om die kinders besig te hou met gestruktureerde aktiwiteite soos wildverkenning en rylesse wat ontwerp is om jong besoekers te leer hoe om die omgewing ten volle te waardeer.

Eetervarings in die Bos

Eetervarings by Ant’s Nest is onvergeetlik. Slegs die varsste produkte word deur ʼn span bekende sjefs gebruik om heerlike huisstyl kos voor te berei wat kundig met keurkos vermeng word. Een van die hoogtepunte by Ant’s Nest is die groot verskeidenheid eetareas wat aangebied word, van middagetes in die bos tot aandetes wat om ʼn vuur in die Boma bedien word, of ontbyt wat op die dek of in die tuine geniet word.  Afhangend van die weer probeer die bestuur verseker dat elke maaltyd op ʼn ander plek bedien word.

Met vooraf reëling word voorsiening gemaak vir alle dieetbeperkings en jy het die keuse om met ander gaste, of privaat, te eet.  ʼn Kinderspyskaart is beskikbaar op aanvraag.

’n Omvangryke wynlys vergesel jou etes en wynproe-aande is beskikbaar as ʼn  ietsie ekstra om jou verblyf onvergeetlik te maak.