Ontspanne Afrika Atmosfeer
Waterberg, Limpopo

Ant’s Nest is ʼn luukse familiebestemming in die pragtige Waterbergdistrik wat ʼn groot verskeidenhied aktiwiteite aanbied met iets vir almal.

Hoogtepunte

Familiesafari’s ­­- Voorsiening word gemaak vir alle ouderdomme, van oumas en oupas tot babas
Perdrysafari’s - Wonderlike geleenthede vir wildkyk te perd
Geleide staptoere - informatief en interaktief. Daglange staptoere word ook aangebied.
Dag- en nagwildbesigtigingsritte - wees op die uitkyk vir strandjutte, aardvarke en nagapies.
Bergfietsry, visvang, bosdraf, masserings, wynproe en ʼn naglugsafari word aangebied - daar is iets vir almal by Ant’s Nest.

Jou Ervaring

Ant’s Nest lê klem op luukse gasvryheid vir die hele familie. Geleë in die rustige Waterbergdistrik. Die lodge bied gereelde wildkykgeleenthede, vanuit die gemak van ʼn safarivoertuig of, indien jy  dit sou verkies, te perd of te voet. Ontmoetings van naby met gesogte diere soos renosters, luiperde en kameelperde, asook ʼn groot verskeidenheid voëlspesies, sorg vir begeerlike fotogeleenthede.

Die hele familie, van babas tot grootouers, word met ope arms verwelkom en na omgesien by hierdie luukse familiebestemming in die pragtige Waterbergdistrik. Dit is geen wonder dat die lodge al as een van die kindervriendelikste bestemmings in Suid-Afrika geprys is nie.  

Die suites by die lodge is elegant gemeubileer en toegerus met alle denkbare geriewe. Spesiale sorg is geneem om ʼn  ontspanne atmosfeer aan die luukse lodge te gee, wat dit werklik soos ʼn huis weg van die huis laat voel.

Jou dae is vol safari-avonture soos jy die private wildreservaat in oop 4x4 Land Cruiser deurkruis en padlangs stop om te voet te verken of om foto’s te neem. Meer energieke besoekers kan op fietse die troppe oor kartelende terrein volg, wat sorg vir ʼn  wonderlike oefensessie.

Vriendelike en toegewyde personeel sal sorg dat al jou behoeftes na omgesien word, sodat jy niks meer hoef te doen as om jou tradisionele safari-ervaring ten volle te geniet nie. Jou besoek aan Ant’s Nest beloof om niks minder as onvergeetlik te wees nie en jy sal vertrek met herinneringe vir ʼn  leeftyd.