Ontspanne Afrika Atmosfeer - Jou Verblyf
Waterberg, Limpopo

Ant’s Nest is ʼn oorspronklike plaashuis met breë stoepe wat uitkyk op ʼn watergat wat gereeld besoek word en dit sorg vir ʼn  bietjie wildkyk vanuit ʼn gemakstoel.

Jou Kamer

Die hooflodge spog met klassieke en-suite slaapkamers en bied ’n verskeidenheid verblyfopsies aan.

Die luukse Sable Suite is perfek vir families. Hierdie ruim suite bied ʼn  sitkamer, met ʼn kaggel en gemaklike banke, langs ʼn private eetkamer.

Die Weaver Suite is die grootste van al die kamers en het ʼn  private stoep met ’n panoramiese uitsigt oor die vallei.

Die Rondavel is ʼn  voortreflike dubbelkamer wat in tradisionele sirkelvorm gebou is, perfek vir ʼn  paartjie opsoek na ʼn romantiese wegbreek.

Die Davidson bied standaardkamers op die grondvloer wat afsonderlik bespreek kan word vir paartjies, of gesamentlik vir ʼn  familie aangesien die kamers aangrensend is. Die kamers word geskei deur ʼn gang wat na ʼn klein sitkamer met ʼn oop vuurmaakplek, binnenshuise eetkamer en kroeg lei.  

Alle kamers is smaakvol versier met sterk tradisionele Afrika-invloede en is toegerus met moderne badkamers, klein kamerkroeë en geriewe om tee en koffie te maak.

Geriewe

Elke dag by Ant’s Nest beloof om prettig en opwindend te wees, of jy besluit om vir ʼn  wildstaptoer te gaan of te perd die wildernis te aanskou. Andersins kan jy langs die sprankelende blou swembad lui lê en drankies geniet of terugsit en kyk hoe die kinders op die groot grasperke speel.

Gastesitkamer
Verhitte swembad
Trampoliene
Perdry
Dag- en nagwildbesigtigingsritte
Bergfietsry (nie geskik vir kinders jonger as 12 nie a.g.v. die terrein)
Visvang (seisoenaal)
Windbuks- en boogskiet
Slang- en reptielpraatjie
Masserings
Wynproe
Sterrekyk
Wasgoeddienste
Kinderoppasdienste
Wi-Fi