Kransrand Bosveld Huis - Aktiwiteite
Waterberg, Limpopo

Hierdie luukse familie bestemming in die beeldskone Waterberg distrik van Suid-Afrika het hoë volume besigtigings van ’n verskeidenheid diere, insluitende wit renoster, sebra, kameelperd, koedoe, luiperd, bosvark en klipspringer, asook pragtige voëls.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte word twee keer ’n dag in oop 4x4-voertuie aangebied. Die eerste rit vertrek vroegoggend en die tweede een laat in die middag vir ’n geleentheid om die nagtelike diere van die bos, soos nagapie en die strandjut te sien.  

Geleide Wandelinge

Ant’s Hill beperk nie safari aktiwiteite tot wildbesigtigingsritte nie. Hier het jy die geleentheid om die wildernis te voet te ontdek. ’n Kenner gids sal jou deur die bosveld lei vir ’n meer intieme ervaring met die natuur. Hierdie bos wandelinge is beide genotvol én informatief, aangesien die gids jou dieper insig gee oor die fauna en flora van die area.

Of dit nou ’n rustige wandeling, of ’n daglange stap oor die vlaktes en op met die koppie is, bos wandelinge by Ant’s Hill kan tot jou behoeftes aangepas word.

Perdrug Safari’s

’n Safari te perd is uniek. Dit laat jou toe om die diere vanuit ’n ander perspektief te aanskou en nader aan hulle te kom. By An’t Hill het jy daarom die geleentheid om een van die beste wildbesigtiging in Suid-Afrika te ervaar. Jy kan jou roete kies ook; rustig op die sanderige spore of verkenning van die hoë rante met beeldskone vistas om jou.

Die perde is betroubaar en fiks. Hulle leef en wei buite tussen die wild en kan daarom naby aan die diere kom. Op ’n perd se rug word jy as een van die diere in die wild aanvaar. Perdry safari’s by Ant’s Hill is oop vir absolute beginners tot meer ervare ruiters. Daar is ponies vir die kinders, dus kan die hele familie saam ry.

Sterrekyk safari

Kyk op na die nagtelike hemelruim en leer meer oor die wonders van die sterre bo jou. Gevorderde teleskope word deur opgeleide gidse gebruik om vir jou ’n onbekende wêreld uit te wys. Leer meer oor die feite en mites van ons heelal.

Kinders op Safari

Kinders van alle ouderdomme is welkom om hul ouers op die wild besigtigingsaktiwiteite by Ant’s Hill te vergesel. By hierdie wild lodge akkommodasie in die Limpopo Provinsie kan families die safari ervaring saam beleef en heerlike herinneringe saam opdoen. 

Die lodge behandel kinders van alle ouderdomme soos konings. Daar is spesiale kinderaktiwiteite en kos beskikbaar. Die jongklomp gaan hier gelukkig en vermaak gehou word. Speelgoed en speletjies word aan kinders met aankoms uitgedeel sal gestruktureerde aktiwiteite soos wild ontdekking en perdry lesse sal hulle besig hou en ’n liefde vir die natuur laat ontwikkel.

Bos Maaltye

Maaltye by Ant’s Hill is ’n onvergeetlike ervaring. ’n Span bekende sjefs gebruik slegs die varste produkte om smaakvolle, tuisgemaakte-styl fynkos te kook. Een van die hoogtepunte by Ant’s Hill is die verskeidenheid maaltyd liggings. Van middagetes in die bos, tot aandetes buite om die vuur in die boma en ontbyt buite op die sonplatvorm of in die tuin, geen maaltyd sal ooit dieselfde wees nie. Die bestuur van Ant’s Hill probeer om – indien die weer dit toelaat – nooit maaltye op dieselfde ligging te bedien nie.

Met vooraf reëlings kan die kombuis na alle dieetversoeke omsien. Gaste kan kies om hulle saam met die ander gaste van die lodge wil eet, of ’n private maaltyd wil geniet. ’n Kinderspyskaart is beskikbaar op aanvraag.

Ant’s Hill het ’n uitgebreide wynlys, sodat gaste die beste wyn met hul smaakvolle ete kan paar. Wynproe aande kan spesiaal georganiseer word om jou verblyf onvergeetlik te maak. ’n Romantiese opsie vir paartjies en wittebroodreisigers.