Kransrand Bosveld Huis
Waterberg, Limpopo

Ant’s Hill sal jou bederf met luukse wild lodge akkommodasie in die Limpopo Provinsie, wild besigtiging te perd en ’n beeldskone uitsig van die natuur.

Hoogtepunte

Perdry, wildbesigtigingsritte en stap safari’s
Sterrekyk safari met lesse oor die sterre en legendes van die bosveld
Uitsig oor ’n watergat wat gereeld besoek word
Verskeidenheid luukse-style kothuise met verhitte swembad en watervalstorte
Kinder-vriendelike safari – ideaal vir families

Jou Ervaring

Ant’s Hill se uitsig is absoluut asemrowend. Hierdie wild lodge akkommodasie in die Limpopo Provinsie is ideaal vir paartjies en wittebroodreisigers wat opsoek is na ’n intieme en luukse wegbreek. Daar is ’n verskeidenheid kothuis opsies wat wissel van standaard tot superior luuksheid. Ant’s Hill het ook akkommodasie wat heerlik ingerig is vir families. Families sal ’n fantastiese ervaring hier hê!

Die kothuise maak op houtplatvorms oop met ’n uitsig oor die vallei onder. Kameelperd, sebra, koedoe en eland word gereeld in die vallei gesien wei. Wat maak Ants Hill uniek? Ant’s Hill is een van die enigste lodges wat perdrug safari’s aanbied. Geleide ponie ritte is ook vir beginners en jong kinders beskikbaar. 

Gaste wat ’n tradisionele wildbesigtigingsrit in 4x4-voertuig verkies, kan dit ook doen! Bos wandelinge met ’n gewapende gids en spoorsnyer is ook by hierdie wild lodge akkommodasie in die Limpopo Provinsie beskikbaar. ’n Moet-doen aktiwiteit vir enige iemand wat avontuurlustig is.

Die hele familie is welkom by hierdie luukse familie bestemming in die beeldskone Waterberg distrik. Gee nie om wat jou ouderdom is nie, almal sal ’n prettige safari ervaring by Ant’s Hill hê. Tydens jou besoek aan Ant’s Hill sal jy vinnig agterkom hoekom hierdie lodge al vele kere as een van die mees kinder-vriendelike lodges in Suid-Afrika bekroon was.

Die suites by die lodge is elegant gemeubileer en het al die geriewe wat jy moontlik mag nodig hê. Sorg was geneem om ’n ontspanne atmosfeer by die luukse lodge te skep en hier sal jy ’n onpretensieuse huis weg van die huis gevoel kry.

Vul jou dae met safari avonture en verken die private wildreservaat in ’n oop 4x4-voertuig. Stop by ’n mooi uitsigpunt vir ’n skemerkelkies of ’n prys-wenner foto. Energieke gaste kan die troppe wild op ’n fiets agtervolg. Hier sal die golwende terrein jou ’n goeie oefensessie gee.

Vriendelike en toegeweide personeel sal omsien na al jou behoeftes. By Ant’s Hill hoef gaste niks ander te doen as om die safari ervaring te geniet nie. Jou besoek aan Ant’s Hill beloof om onvergeetlik te wees.