Amper soos een het 1 300 mense vanuit hul stoele opgestaan in die Linder auditorium by die Universiteit van die Witwatersrand se Opvoedingsgebou in Johannesburg, toe ’n man met grys hare, geklee in donker klere, mank oor die verhoog loop met sy vrou wat aan een sy loop en ’n loopapparaat aan die ander sy. Die applous was spontaan en hard.
Die man was Nelson Mandela en hy was op pad om die spreker by die vyfde Nelson Mandela Lesing voor te stel; die man wat ‘die wêreld bestuur het’ vir ’n dekade as sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), Kofi Annan.
Die gehoor het grotendeels uit Suid-Afrikaners bestaan en het die ‘reënboog nasie’ wat Mandela in die land in gelei het op 10 Mei 1994 by sy inhuldiging as die eerste swart president van ’n demokratiese Suid-Afrika gereflekteer. Die gehoor sou later hul aandag na Annan verskuif, maar vir nou was dit Mandela waarop hulle gefokus het en vir wie hulle geklap het.
’n Brose Mandela, wat sy 89ste verjaarsdag en sy 9de trou herdenking van slegs ’n paar dae vroeër vier, het die applous met sy handelsmerk geantwoord: ’n groot glimlag en waai met die hand. Tydens die verrigtinge van Sondag 22 Julie 2007 was die spontane applous met flitse van verjeuging verdiep en dit het die byeenkoms verlig.
Dit sou drie keer plaasvind soos wat Mandela homself beweeg het na die spreker se platvorm en terug beweeg na sy stoel toe later, nadat Annan sy uitgemete uitsig van Afrika gedeel het, toe hy die verhoog verlaat het.
Kunstenaars in die teater het nooit vier staande ovasies in een aan gekry nie – een, miskien twee op die meeste – maar hier was vier vir ’n ou man met ’n stralende glimlag. Te veel? Nie in ’n land waar hierdie man met uitmuntende vaardigheid, ongelooflike braafheid en gepaardgaande sensitiwiteit en begrip gehelp het met ’n relatiewe kalm oorgee van mag van ’n tiranniese regering na ’n onderdrukte meerderheid. Die proses was al ’n wonderwerk genoem.
Suid-Afrika was op die rand van burgeroorlog met die brandbare materiaal wat net wag vir iemand om die vuurhoutjie te trek om af te laat gaan ’n rampspoedige, vernietigende brand te laat afgaan - ’n vonk wat gereed is om oorgehandig te word, in die hande van vuurpyle wat in die land wegkruip, gelukkig nie in groot getalle nie.
Toe kom Mandela met sy kalmerende stem en invloed. Na 27-jaar se geskiedenis van onregverdige gevangenisstraf en die onderdrukking van sy mede-Afrikane deur die regering, kon hy die mag wat sopas aan hom toegeken is, gebruik het om wraak op die vorige heersers uit te haal.
In plaas daarvan het hy versoening en ’n vreedsame samelewing gekies en ander oorreed dat dit die enigste manier vorentoe is. Dit is waar dat die oordrag van mag met die samewerking van die wit leier F.W de Klerk verkry is, maar sonder Nelson Mandela en sy gees van inklusiwiteit, sy strewe na vrede en sy leierskap eienskappe, sou dit nie gebeur het nie.
Behalwe vir die respek vir sy ouderdom en die gees van versoening wat van hom afstraal, het die gehoor ook sy toewyding aan vrede en sy besorgdheid oor minderhede gevier.
Translated by Nina Joubert