Unicornfish
Eenhoringvis

© Johan Boshoff

Algemene Familienaam

Eenhoringvis, Doktervis

Wetenskaplike Naam

Naso

Grootte

Tot 1 m, gemiddeld 40 cm

Identifikasie

Langwerpige ovaal liggaam, dikwels met ‘n horing vooraan die kop, vandaar die naam. Het ook ‘n skerp steekpen aan die stertbasis soos ander doktervisse. Kleur wissel van dofbruin kleure tot helder silwer, geel en blou. Sommige het klein kolletjies.

Algemene Inligting

Die Naso genus bestaan uit 19 spesies. ‘n Groot rifvis, dikwels alleen of in pare op die rif. Mannetjies ontwikkel soms lang filamentagtige segmente van die stertvin. Vredeliewend, maar kan ‘n nare wond toedien wanneer bedreig. Pelagiese kuitvisse.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Bloustekel-eenhoringvis
Naso unicornus
Boggel-eenhoringvis
Naso brachycentron
Orangespine unicornfish
Naso lituratus