Groot Magiese Land - Aktiwiteite
Tswalu Kalahari Privaat Wildreservaat, Noord-Kaap

Wildbesigtigingsritte by die Tswalu Kalahari Reservaat is ’n onvergeetlike manier om die omgewing te sien en wild op te spoor.

Kalahari Wildbesigtigingsritte

Dag toere met ’n piekniek kan georganiseer word. Gespesialiseerde wild voertuie gaan in die bos in om vir jou die wild in die meer as 100 000 hektar land te wys. Die professionele gidse en spoorsnyers lei die soektog vir die rare spesies van die Kalahari. Wildbesigtigingsritte by die reservaat kan aangepas word om jou voorkeure in ag te neem.

Bos Wandeling Safari

By hierdie kkommodasie in die Kalahari is bos wandelinge perfek vir unieke besigtinge en naby aanskouings van die natuur. Die Kalahari plantegroei kan aangeraak word, nessies en tonnels kan ondersoek word en klein diere kan van naby gesien word. Na ontbyt kan jy op ’n stap na ’n meerkat kolonie gaan wat jou insig sal oor hoe hierdie manjifieke diere leef. Aand wandelinge bied die geleentheid om die nagtelike diere, insluitend aardvark, ystervark en bruin hiëna te sien.

Perdry Safari’s

Skilderagtige perdry safari’s bied jou die magiese geleentheid om die Kalahari landskap te bewonder. Die roete loop oor die grasvlaktes, Kalahari duine en deur die woestyn. Die ongelooflike Korannaberg en die laat middag son dien as ’n treffende agtergrond vir ’n foto op die perdry safari.

Maaltye

Die luukse reservaat se sjef streef daarna om kontemporêre disse te ontwerp wat jou mond sal laat water. Die maaltye is deur internasionale disse beïnvloed en van slegs die varsste en seisoenale produkte gemaak. Jy kan uitsien na wildsvleis en disse gemaak met die Kalahari truffel. Smaaklike aandetes kan buite in die duine bedien word, na gesellige skemerkelkies. Heerlike braaivleis word in die tradisionele boma gebraai. Elke maaltyd word met goeie Suid-Afrikaanse wyn gekomplimenteer.

Rotskuns

Die reserve bied ’n Kalahari toer aan wat die rotskuns van die antieke mense wat op land geloop het, omtrent 380 000 jaar gelede, uitwys. Dit is ’n moet-doen aktiwiteit vir enige iemand wat die Kalahari besoek. Hierdie argeologiese gebied het sommige van die oudste kuns in die wêreld.