Groot Magiese Land
Tswalu Kalahari Privaat Wildreservaat, Noord-Kaap

Tswalu Kalahari Reservaat is die grootste privaat wildreservaat in die area en bied die beste luukse akkommodasie in die Kalahari.

Hoogtepunte

Yoga tsala en spa behandelinge
Wildbesigtigingsritte en toere kan aangepas word tot jou voorkeur
Dag en aand wandelinge begelei deur ervare gidse en spoorsnyers
Opsionele perdritte met sonsondergang
Rotskuns van die antieke San mense

Jou Ervaring

By die reservaat is daar ’n keuse tussen twee lodges – Motse en Tarkuni. Slegs 30 gaste kan op een slag die luukshede van hierdie ongelooflike Kalahari reservaat geniet. Tswalu is malaria vry en het beeldskone wild. Sommige van Suid-Afrika se skaarste en mees ongewone wild, insluitend die woestyn-aangepaste swart renoster, die bekende Kalahari leeus, meerkat en nog vele ander spesies was al by hierdie reservaat gesien. As jy gelukkig is sien jy ook die meer ontwykende aardvark, aardwolf, ietermagog en ystervark.

Die reservaat het ’n bekroonde spa waar inheemse skoonheid behandelinge geniet kan word. Die spa het ’n inheemse tuin met ’n labirint, heerlike stoep, buitelug behandeling tsala’s asook ’n yoga tsala.

Vanaf hierdie luukse akkommodasie kan jy die groot magiese land van die Kalahari ontdek. Wild ekskursies word met ervare gidse onderneem en jy het ook die keuse om ’n vol-dag wildbesigtigingsrit te onderneem. Tydens die rit word sorg geneem om die swart renoster op te spoor en ander wild te sien. ’n Privaat piekniek kan ook georganiseer word. ’n Sonsondergang perdrit is ’n onvergeetlike ervaring en bied unieke bos besigtinge aan. By die reservaat het jy ook die geleentheid om die ongelooflike rotskuns van die antieke San mense te sien.