Toadfish

© Johan Boshoff

Algemen familienaam

Toadfish

Wetenskaplike naam

Batrachoididae

Grootte

Tot 57 cm, gemiddeld 17 cm.

Identifikasie

Groot kop wat geleidelik dunner word tot by die klein stertjie. Groot mond, versier op die boonste en onderste kakebene met velflappe en voeldrade. Twee rugvinne, die eerste met ‘n skerp steekpen sowel as steekpenne op die kiefdeksel. Kan ‘n giftige steek toedien. Sommige het lig-produserende organe. Sandkleurig met donkerder vlekke wat gebruik word vir kamoeflering.

Algemene Inligting

Die Batrachoididae familie bestaan uit 23 genera en 80 spesies. Naam afgelei van hulle voorkoms. Aangetref op sanderige en modderige bodems. Jag deur lokvalle te stel. Die mannetjies maak ‘n geluid met hul blasé wat die wyfies na hul neste toe lok. Die mannetjies bewaak die eiers totdat hulle uitbroei en totdat die jonges ongeveer vyf weke oud is.

Voeding

Leef van wurms, skaaldiere en ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigsde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Brown toadfish - Batrachomoeus dubius
Snakehead toadfish - Batrichthys apiatus
Splendid toadfish - Sanopus splendidus