Welkomende Rivier-langse Ervaring - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Die entoesiastiese gidse en spoorsnyers by Simbavati River Lodge wil graag vir jou die beste Groot Vyf besigtinge vind, sonder om verby die ingewikkelde fauna en flora van hierdie ongerepte wildernis te jaag.

Daaglikse Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtingsritte gaan vroeg in die oggend en weer laat in die middag uit. Die laatmiddag rit hou tot na sonsondergang aan sodat gaste die geleentheid het om die nagtelike diere van die bos te sien. Simbavati River Lodge vorm deel van die Timbavati Wildreservaat. Dit beteken dat gidse van die hoofpaaie mag afwyk tydens die wildbesigtigingsritte sodat hulle jou nader aan die diere kan bring.

Jy sal ’n ongelooflike foto vir jou familie en vriende by die huis kan wys. Fotograwe by Simbavati River Lodge sal verheug in die 4x4-voertuie wat vir fotografiese safari’s ingerig is. Professionele fotograwe - en selfs beginners - sal nooit ’n skoot mis nie.

Simbavati River Lodge het ook fotografiese toerusting te huur. Wees op die uitkyk vir die skaarse wit leeu van die Timbavati asook die honderde voëls wat in hierdie area gevind word.

Wildbesigtigingsdek

Daar is ’n algemene ontspanningsarea en besigtigingsdek by hierdie familie vriendelike safari lodge in die Timbavati. Spandeer jou vrye tyd op hierdie besigtigingsdek wat omring is met inheemse bome en oor die Nhlaralumi Rivier, wat omtrent deur die hele jaar water het, uitkyk. Die ligging van die besigtigingsdek by Simbavati River Lodge bied ’n skouspelagtige wild ervaring.

Die landskap lok diere soos leeu, olifant en selfs die ontwykende luiperd wat (met ’n bietjie geluk) gesien kan word. Die Mopane bome wat die besigtigingsdek omring, is ryk in voëllewe. Daar is amper 400 verskillende spesies wat in die area bly of deur vlieg. Vind jou plekkie op een van Simbavati River Lodge se gemaklike buite banke en geniet ’n bietjie tyd af…

Vroegoggend tee en koffie, ontbyt, middagete en af en toe aandetes (wanneer dit nie in die boma is nie) word op die stoep bedien. Niks kom by ’n ontbyt met hierdie uitsig nie!

Aktiwiteite vir Kinders

Simbavati River Lodge is ’n gewilde keuse vir families. Vir die jonger gaste is daar ’n genotvolle tog opvoedkundige kinderprogram wat vir alle ouderdomme aangepas kan word. ’n Gretige en ervare gids sal die kinders se bos aktiwiteite lei sodat die ouers rustig kan wees met die wete dat hulle kinders mooi na omgesien word.