Welkomende Rivier-langse Ervaring
Timbavati, Groter Kruger

’n Intieme, familie vriendelike lodge in die Timbavati wat op die Nhlaralumi Rivierbank gebou is, waar gaste asemrowende wildbesigtigings met hul geliefdes kan deel.

Hoogtepunte

Nabye wildbesigtigings vanaf die privaat besigtigingsdek
Uitsigte oor die Nhlaralumi Rivier, ’n gunsteling plek vir olifante
Gespesialiseerde fotografiese safari’s met voertuie wat vir fotograwe ontwerp is
Kinders van alle ouderdomme is welkom
Gemeenskaplike ontspanningsarea met boeke en bordspeletjies vir familie vermaak

Jou Ervaring

Simbavati River Lodge bestaan uit stylvolle, moderne suites wat met Mopane bome omring is. Skaarse diere soos leeu en renoster word gereeld hier aanskou. Die asemrowende ligging van hierdie lodge maak dit ideaal vir gaste wat opsoek is na nabye wild besigtigings.

Olifante en seekoeie - en soms hiëna - kom gereeld na die rivier toe om te drink en daarin te speel, slegs ’n paar treë van waar gaste besig is om middagete te geniet. ’n Intieme en familie vriendelike safari lodge in die Timbavati, Simbavati River Lodge sorg vir kinders van alle ouderdomme met verskeie speletjies en aktiwiteite om hulle gelukkig te hou.

Wild loop rustig verby die afgesonderde kamers en gaste kan op hul privaat besigtigingsdek sit en die diere dophou. Wildbesigtigingsritte vind twee keer ’n dag plaas met genoeg tyd om te ontspan tussenin. Hierdie ritte fokus op ’n algehele wildbesigtigingservaring. Families met jong kinders het die opsie om op ’n privaat wildbesigtigingsrit uit te gaan.

Oor die algemeen bied hierdie familie vriendelike lodge in die Timbavati ’n unieke moderne ontspanningsarea en uitstekende wildbesigtigings aan. Daar is boeke en bordspeletjies vir die kinders asook ’n kroeg waar ma en pa kan ontspan en alleen tyd spandeer.