Welkomende Rivier-langse Ervaring - Jou Verblyf
Timbavati, Groter Kruger

Simbavati River Lodge is onlangs heeltemal oorgedoen en gaste het nou ’n keuse tussen luukse safari tente of gemaklike grasdak chalets wat perfek is vir families.

Jou kamer

Die suites is ontwerp om ruim en modern te wees; ’n plek waar jy kan ontspan. Al die suites het lugverkoeling, ’n privaat stoep en en-suite badkamers. Die tent-tipe akkomodasie het ’n ekstra bonus van ’n buite stort of buite bad as deel van die en-suite fasiliteite. By hierdie familie vriendelike lodge in die Timbavati is die chalets en tente om die kamp versprei vir privaatheid en rustigheid.

Lodge Fasiliteite

Swembad
Spa met ’n reeks Afrika behandelings
Ontspanningsarea met boeke en bordspeletjies
Aandenkingswinkel
Kroeg
Wildbesigtigingsdek
Opelug boma waar Afrika geinspireerde maaltye bedien word
WiFi in die ontspanningsarea en op die besigtigingsdek (maar min selfoon ontvangs)
Rolstoel vriendelik