Tydlose Styl en Grasie - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

“Ngala” beteken leeu in die plaaslike Shangaan taal en die ligging van Ngala Safari Lodge leef beslis op na sy naam.

Wildbesigtigingsritte

Die Timbavati area onderhou vele troppe leeus en gaste kan uitsien na ongelooflike wild besigtiging wanneer hulle op een van die oggend of laat middag wildbesigtigingsritte uitgaan. Daar is ’n algehele hoë konsentrasie van wild en renoster, wilde honde en buffel is algemene besigtigings.

Bos Wandelinge

Ervaarde plaaslike gidse lei die bos wandelinge by hierdie koloniale styl akkommodasie in die Timbavati en sal gaste wys hoe om die bos met al vyf sintuie te ervaar. Die plaaslike gidse het uitgebreide kennis oor die bos wat hulle gretig is om met die gaste te deel. Hierdie bos wandelinge is interpretatief en interaktief en moet nie misgeloop word nie. Ongelukkig, as gevolg van die natuur van hierdie bos wandelinge, mag kinders jonger as 16-jaar nie saamkom nie.

WILDchild program

Hierdie koloniale styl akkommodasie in the Timbavati is kindervriendelik en is daarom perfek vir ’n familie vakansie. Kinders van alle ouderdomme is welkom by Ngala Safari Lodge. Unieke aktiwiteite soos spoorsny sal kinders besig en gelukkig hou en hulle kennis oor die bos verdiep. As deel van die program kry kinders ook ’n geskenkpakkie met aankoms. Kinderoppassers kan gereël word sodat ouers ’n romantiese wildbesigtigingsrit of aandete kan geniet.