Tydlose Styl en Grasie
Timbavati, Groter Kruger

’n Koloniale styl safari akkommodasie in die Timbavati waar jou dae met opwindende wildbesigtigingsritte gevul word.

Hoogtepunte

Spoorsny-,stap- en fotografiese safari’s
Vroegoggend en laatmiddag wildbesigtigingsritte
Kinderprogramme beskikbaar
Familie kothuis & ’n spesiale familie suite
Kerslig bos-etes

Jou Ervaring

Ngala Safari lodge was die eerste privaat lodge wat oorspronklik in die Groter Kruger Nationale Park opgeneem was. As ’n ode aan die herhinneringe van ’n vervloë era het hierdie koloniale styl akkommodasie in die Timbavati outentieke decor soos antieke lampe, silwer eetgerei en antieke tasse wat die karakter van daardie oorspronklike safari dae vasvang. Romanties onder Tamboti bome geleë, kerse en lampe word in die aand aangesteek om die nag en al sy sterre te verhelder.

Ngala Safari Lodge is perfek vir besoekers wat na ’n klassieke Suid-Afrikaanse safari ervaring opsoek is. Hierdie koloniale styl akkommodasie in the Timbavati is ryk aan karakter met ’n besigtigingsdek en gemaklike banke. Jy kan jou dag op een van die banke, met ’n boek en ’n verkyker in die hand spandeer terwyl die WILDchild kinderprogram die kinders sal vermaak. Aandetes by Ngala Safari Lodge wissel tussen ’n binnehof met ’n pragtige verligte muur en ’n traditionele buitelug boma.

Gaste kom na hul aanwildbesigtigingsrit terug na ’n prentjie-mooi maaltyd. Ngala Safari Lodge bied hul gaste die tydlose gevoel van ’n safari vakansie. Of dit nou jou eerste of jou tiende safari is, Ngala Safari Lodge is die ideale safari bestemming. Dit is kindervriendelik en bied familie kothuise, asook ’n spesiale familie suite wat ’n swembad ’n private safari voertuig en gids insluit.