Tuislike Atmosfeer - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Motswari Geiger’s Camp word deur ware natuurbewaarders besit en word op volhoubare omgewingspraktyke bestuur.

Wildbesigtigingsritte

Aandag word spesifiek aan wildbesigtigings bestee sodat gaste meer oor die bewaring van die diere en die belangrikheid van volhoubare toerisme kan leer. Gaste word op hulle twee daaglikse wildbesigtigingsritte deur professionele gidse vergesel. Hierdie gidse sal vir gaste die beste van die Timbavati Wildreservaat wys en seker maar dat jy na elke rit met stories (en fantastiese fotos) sal terugkom.

Bos Wandelinge

Gaste wat opsoek is na ’n bietjie meer avontuur by Motswari Geiger’s Camp kan kies om saam met ’n professionele gids op ’n bos wandeling uit te gaan.

Hierdie bos wandelinge is ’n intieme en onvergeetlike ontmoeting met die bos. Die wandelinge vind laat in die oggend plaas en is ’n manier om aan die ingewikkelde fasette van die fauna en flora van die laeveld voorgestel te word. Gaste wat kies om ’n aand in Girraffe’s Nest te slaap, kan ook op ’n nagtelike stap safari - wanneer die bos se besieningswaardighede en reuke ’n ander karakter aanneem - uitgaan.

Oornag in die bos

Hierdie moderne safari akkommodasie in the Timbavati bied gaste die opsie om in die middel van die bos te oornag. Giraffe’s Nest is ’n gemaklike en stylvolle boomhuis. Gaste kan ’n aand onder die sterre slaap en na die wildediere in die Afrika nag luister. Verdiep jou safari ervaring met hierdie unieke manier van die natuur beleef.