Tuislike Atmosfeer - Jou Verblyf
Timbavati, Groter Kruger

Hierdie moderne safari akkommodasie in the Timbavati was die oorspronklike huis van die Geigar familie en spog met romantiese bos argitektuur van ’n meer traditionele safari era.

Jou kamer

Marion Greigar-Orengo, die kunstenaar en eienaar, was die kurator en meng klassieke safari dekorasie met prettige en kontemporere stilering. Motswari Geiger’s Camp se art deco stoele en hangende koperlampe, los-staande baddens en koper wasbakke maak elke kamer sjiek en kontemporêr. Muskietnette en hout tafels gee ’n rustieke sjarme aan hierdie moderne safari akkommodasie in die Timbavati en verseker dat die erfenis van die huis behoue bly.

Camp Fasiliteite

Die verblyf by hierdie moderne safari akkommodasie in die Timbavati is met rustigheid gevul, weg die toeriste-hordes. Die kombuis by Motswari Geigar’s Camp het al die nodige moderne geriewe indien jy vir jouself wil kook. Anders kan al jou maaltye deur ’n persoonlike sjef voorberei word, wat smaaklike etes met ’n Afrika invloed sal maak.

Die uitstekende personeel by Geiger’s Camp sal na al jou huishoudelike behoeftes omsien sodat gaste slegs kan terugsit en ontspan. Daar is toegewyde gidse byderhand om gaste van Motswari Geigar’s Camp op hulle privaat wildbesigtigingsritte uit te neem en ook moontlike vrae oor die bos te beantwoord.