Tuislike Atmosfeer
Timbavati, Groter Kruger

Die belofte van iets anders; Motswari Geiger's Camp bestaan uit twee aaneenlopende steenhuise wat binne-in die wildryke Timbavati streek geleë is.

Hoogtepunte

Fokus op eko-vriendelike initiatiewe
Daaglikse bos wandelinge
Oggend & aand wildbesigtigingsritte
Optionele uitslaap in die bos onder die sterre
Uitsigte oor die Nhlaralumi Rivier

Jou Ervaring

Hoog bo die grasvlaktes van die Timbavati steek Motswari Geiger’s Camp se neus bo die bome van hierdie wild-ryke streek uit. Hierdie moderne safari akkommodasie in the Timbavati was oorspronklik die huis van die Geigar familie voordat dit opgeknap en in die huidige elegante wegbreekplek getransformeer is.

Motswari Geigar’s Camp bestaan uit twee aaneenlopende steenhuise met vier en-suite badkamers en kan eksklusief deur families of klein groepe vriende uitgehuur word. Die binnehuise versiering is ’n visuele vreugde om te aanskou. Die opknapppings en keuse van meubels is wel deurdink om ’n sekere huislike en gemaklike atmosfeer te behou.

Elke kamer by Motswari Geiger’s Camp is omring met ’n aaneenlopende patio en beloof om ’n privaat ontsnapping te wees. Die swembad bied ’n sosiale geleentheid om te ontspan en kwaliteit tyd saam met geliefdes te spandeer. Die ontspanningsarea en swembad kyk oor die oop grasvlaktes van die laeveld uit en gee die huis ’n wonderlike ruim en vreedsame atmosfeer.

By hierdie moderne safari akkommodasie in the Timbavati wag daar aswemrowende diere en voëls (insluitend die Groot Vyf) op gaste tydens hulle daaglikse, ekstensiewe wildbesigtigingsritte wat deur ervaarde gidse gelei word.

Snags word gaste bederf met smaakvolle drie-gang maaltye wat met prys-wenner Suid-Afrikaanse wyne vergesel word. Aandete by Motswari Geiger’s Camp word op die patio onder die Afrika sterre bedien en gaste ervaar ’n egte huislike atmosfeer.