Luukse Tent Safari - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

By Tanda Tula Safari Camp neem hoogs opgeleide gidse gaste uit op wildbesigtigingsritte wat tot hulle voorkeur aangepas word.

Wildbesigtiging

Die Timbavati Wildreservaat spog met van Afrika se beste Groot Vyf besigtigings. Die wildbesigtigingsritte beloof ’n intieme ervaring van die diere in hulle natuurlike omgewing terwyl die diere te alle tye gerespekteer word. Tanda Tula Safari Camp se wildbesigtingsvoertuie is aangepas sodat gaste gemaklik kan sit op hulle daaglikse wildbesigtigingsritte.

Die wildbesigtigingsritte is informatief en gaste kan alles oor die fauna en flora van die laeveld leer voordat hulle terug kamp toe gaan en alles in neem. Hierdie luukse tentkamp in die Timbavati is ook die eerste tentkamp om ’n unieke oornag stap safari ervaring aan te bied. Volg die voetspore van die groot en klein diere van bos en aanskou die nagtelike diere wat skaars op wildbesigtigingsritte gesien word, soos nagapies en muskeljaatkatte.

Ontspanningsaktiwiteite

Tanda Tula Safari Camp se safari ervaring sluit nie net fantastiese wildbesigtiging, uitstekende diens en luukse akkommodasie in nie. Hierdie luukse tentkamp in die Timbavati bied ook unieke en romantiese aktiwiteite aan wat die bos sjarme sal inkleur. Om ’n maaltyd in die Timbavati bos te geniet is een van hierdie onvergeetlike ervarings.

Vroegoggend wildbesigtigingsritte word afgesluit met ’n heerlike ontbyt wat op die Nhlaralumi rivierbed bedien word. Middagete word weer op verskillende plekke reg rondom die lodge bedien en gaste kan kies om selfs ’n avontuurlustige piekniek in die bos te geniet. Ander aktiwiteite wat volgens gaste se voorkeur georganiseer kan word, is skemerkelkies in die veld, ’n uitlslaap in ’n luukse voëlskerm asook buitelug aandetes met sterrekyk na nagereg.