Luukse Tent Safari
Timbavati, Groter Kruger

Weg van die skare geleë, hierdie is een van die min luukse tentkampe in die Timbavati wat gaste ’n unieke geleentheid gee om die Afrika bos in al haar prag te ervaar

Hoogtepunte

Luukse seildoektente met private besigtingingsdek
Romantiese wittebrood ligging met ’n “Ster Bed” opsie
Aktiwiteite sluit in bos uitslapies, sterrekyk en fauna & flora identifikasie
Bekend as die oudste safari kamp in die Timbavati
Hoof lodge area kyk uit oor ’n watergat en rivierbed

Jou Ervaring

Geleë op die banke van die Nhlaralumi rivierbed in the Timbavati, Tanda Tula Safari Camp bied ’n luukse safari ervaring in tent-tipe akkommodasie. “Tanda Tula” beteken “om die stilte lief te hê” in die plaaslike Shangaan taal en omdat Tanda Tula Safari Camp omring is met ongesteurde bosveld kan gaste heerlike stilte verwag. Veral wanneer gaste op een van die privaat besigtrigingsdekke ontspan.

Hierdie luukse tentkamp in die Timbavati is oop-plan gebou en nie omhein nie en diere beweeg vrylik deur die gronde. Dit is ’n ongekende en opwindende ervaring om so naby aan die natuur te leef. Jou veiligheid bly steeds eerste prioriteit en daar is altyd ’n gids byderhand om jou na jou kamer toe te vergesel.

Die personeel by Tanda Tula Safari Camp is trots daarop dat hulle gaste in absolute luuksheid kan toevou sonder om op die natuurlike omgewing indring te maak. Die kamp smelt so saggies in die natuur in, jy voel amper deel van die Timbavati eko-sisteem. Kom geniet die sjarme, warmte en plat-op-die-aarde atmosfeer. Dit is so goed, jy sal dalk net jou verblyf wil verleng...