Luukse Tent Safari - Jou Verblyf
Timbavati, Groter Kruger

Elke tent by hierdie luukste tentkamp in die Timbavati is van seil gemaak, privaat en met pragtige rivierbos omring.

Jou Kamer

Bekend as een van Suid-Afrika se mees luukse tentkampe, hierdie Oos-Afrika geinspireerde tent-suites het elkeen ’n en-suite badkamer met ’n privaat buitestort asook ’n los-staande bad. Opgemaak in elegante dog simplistiese dekor, elke tent-suite het ook ’n dagbed, waaier en muskietnet en beloof ’n gemaklike Afrika ervaring.

Camp Fasiliteite

Tanda Tula Safari Camp het ’n swembad waar gaste tussen hulle aktiwiteite kan ontspan. Daar is ’n mini-kroeg in jou tent wat jou gehidreer sal hou of gaste kan kies om ’n glas wyn van Tanda Tula Safari Camp se gesogte wyn en sjampanje menu te geniet.

Selfoonontvangs is beperk by die kamp maar wifi is beskikbaar by die hoof area.Gaste word vriendelik gevra om hulle fone se klank af te sit sodat die geluide van die omliggnde bosveld nie onderbreek word nie. In the safari winkel kan jy iets spesiaal koop as ’n herinnering aan jou verblyf by hierdie luukse tentkamp in die Timbavati.

Ander geriewe sluit ’n kluis, haardroeër, waaier en wasgoed dienste in. Kinders bo 8-jaar is welkom.