Kambaku River Sands Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Oggend en aand wildbesigtigingsritte by Kambaku River Sands word deur entoesiastiese en kundige gidse gelei.

Wildbesigtiging

Sonder om eers die lodge te verlaat op ’n wildbesigtigingsrit of ’n stap safari kan jy diere soos buffel, olifant, njala en bosbok wat vrylik deur die kamp beweeg, aanskou. Die besigtigingsdek en wynkelder by hierdie luukse safari lodge in die Timbavati is ontwerp om jou ’n ongesteurde uitsig oor die wild in hulle natuurlike habitat te gee.

Wildbesigtigingsritte

Leer meer oor Afrika se wild terwyl die gidse die 4x4-voertuig naby aan die diere positioneer. Dit is vêr genoeg vir die diere om te alle tye rustig te bly maar naby genoeg dat jy daardie prys-wenner foto kan neem.

Stap Safari’s

Gaste wat ’n bietjie meer diepte aan hulle safari in die Timbavati wil gee, kan op ’n stap safari uitgaan. Hierdie stap safari’s is interaktief van aard en gaste kan die kleiner elemente van die bos bewonder. Kambaku River Sands se stap safari’s is vroeg in die oggend, neem omtrent 3 tot 4 ure en vervang jou normale oggend wildbesigtigingsrit.

Fotografiese Safari’s

Fotograwe, professioneel en beginner, kan verheug in hierdie luukse safari lodge in die Timbavati se spesiaal toegeruste voertuie vir fotografiese safari’s. Die gidse by Kambaku River Sands is opgelei in wild fotografie en fokus daarop om die beste foto geleenthede te vind. Fotografiese toerustig kan ook gehuur word. ’n Professionele fotograaf, wat jou met jou fotografie vaardighede sal help, kan met voorafgaande kennisgewing gereël word.

‘Sunset’ Spa en Gimnasium

Die ‘Sunset’ Spa by Kambaku River Sands spog met twee behandelingskamers waar gaste kan met ’n keuse van behandelings,soos masserings of Aroma-terapie, kan ontspan. By hierdie luukse safari lodge in die Timbavati is daar ’n verfrissende plonspoel asook aparte vroue en manlike stoom- en sauna kamers. Gaste wat op vakansie wil gaan sonder om hulle oefen program by die huis te los, kan in die gimnasium by Kambaku River Sands gaan oefen.

Troues

Sê die “ja”-woord by hierdie magiese omgewing saam met jou familie en vriende. Kambaku River Sands bied drie verskillende troupakette vir jou om van te kies. Hulle sal na jou omsien op jou onvergeetlike dag in ’n ware romantiese plek.