Kambaku River Sands
Timbavati Privaat Wildreservaat, Groter Kruger

Kambaku River Sands is ’n absolute luukse safari lodge in die Timbavati wat ’n ware Afrika wildlewe ervaring bied met ’n tikkie skoonheid, styl en gemak.

Hoogtepunte

Nie omhein, met olifant, buffel en bosbokke wat deur die kamp loop
Wynkelder wat oog-hoogte oor ’n aktiewe watergat uitkyk
Wildbesigtigingsritte in die Timbavati- en Klaserie Reservate
Welwees sentrum met ’n spa, swembad, sauna, stoomkamer en ’n gimnasium
Hand geselekteerde plaaslike tapbier

Jou Ervaring

Daar is iets uniek daaraan om op ’n rivierbank wakker te word met die wild wat rustig verby jou kamer loop. Kambaku River Sands is glad nie omhein nie, en die omliggende bos bied gaste die geleentheid om aangesig tot aangesig met die natuur in sy ongerepte vorm te kom. Die aandagtige en vriendelike personeel is gereed om na al jou behoeftes om te sien, sodat jy ontspanne op die besigtigingsdek kan terugsit en die olifante wat kom water drink dophou.

Die wynkelder by Kambaku River Sands is onder die lodge gebou en bied oog-hoogte uitsigte oor die rivierbed. Speel ’n rondte skaak terwyl jy ’n glas Suid-Afrikaanse wyn geniet, of een van die plaaslike tapbiere proe. Kambaku River Sands is afgesonder en ’n luukse safari lodge in die Timbavati wat die heel beste wildbesigtigings bied.

Begin jou dag met ’n wildbesigtigingsrit waartydens jy diere soos luiperd, buffel en selfs renoster (as jy gelukkig is) van naby kan sien. Bederf jouself met ’n ontspannende spa behandeling en sauna sessie voordat jy op ’n aand wildbesigtigingsrit uitgaan. Wanneer jy terug kom kan jy aandete by ’n pragtige ligging, waar traditionele vure aangesteek is vir ’n warm atmosfeer, geniet. Kambaku River Sands is ’n magiese toevlug vir wittebrood paartjies asook paartjies wat opsoek is na ’n absolute luukse safari lodge in die Timbavati.