Jou Verblyf by Kambaku River Sands
Timbavati, Groter Kruger

Versier in rustige kleure van bruin, room en wit met traditionele grasdakke wat die moderne ontwerp en meubels komplimenteer.

Jou kamer

’n Unieke gebruik van klassieke Afrika kuns rond die algehele atmosfeer af by hierdie luukse safari lodge in die Timbavati. Kamers kan met twee enkelbeddens of een groot koninging-grootte bed opgemaak word en sluit ’n mini-kroeg, skinkbord met verversings, muskietnette en lugverkoeling in. Elke suite het ’n privaat besigtigingsdek en en-suite badkamer met ’n bad, buite- en binne stort asook ’n privaat toilet.

Slegs kinders ouer as 12 jaar kan akkommodeer word. Let daarop dat daar geen gesinsuites is nie, maar 'n opklapbed is beskikbaar indien 'n kind met die ouers wil deel.

Fasiliteite

Ruim ontspanningsarea met ’n swembad
Matumi-styl kroeg met hand geselekteerde tapbier
Wynkelder wat oog-hoogte oor ’n watergat uitkyk
Twee vuurmaakplekke wat ’n warm atmosfeer bied en die winter koue uithou
Spa en gimnasium fasiliteite
Aandenkingsinkel
Fotografiese toerusting te huur